Die Kruger-telegram is die naam wat gewoonlik gebruik is vir 'n boodskap wat deur Wilhelm II, die Duitse keiser, na die Jameson-inval aan president Kruger gestuur is. Hierin wens die keiser pres. Kruger geluk met die suksesvolle afweer van die inval. Die doel van die inval was om Britse mynwerkers in opstand teen die regering te bring. Die poging misluk nadat 'n enkele Boerekommando 65 soldate van die invalsmag gedood het en die res as gevangenes geneem.
Die telegram Dit is op 3 Januarie 1896 gestuur en het gelui:
Die telegram het groot aanstoot in Engeland gegee en tot verswakte betrekkinge met Duitsland gelei.
Bronne Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Kategorie:Geskiedenis van Duitsland Kategorie:Suid-Afrikaanse militêre geskiedenis