duimnael|regs|300px|Die Irenekerk, einde 2018.
duimnael|340px|Die eerste drie predikante, dr. H.A. Lamprecht, P.G.J. Meiring en William Nicol, tydens die sitting van die Federale Raad van die NG Kerk in Johannesburg in 1919.
Die NG gemeente Johannesburg-Oos was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Johannesburgse voorstad Doornfontein, net oos van die middestad. Dit is ook dikwels die Irenekerk genoem na aanleiding van die gemeente se tweede kerkgebou en sy derde, by Beitstraat 1. Die gemeente is presies vyf weke voor hy sy honderdjarige bestaan (op 8 Julie 1997) sou kon gedenk op 1 Junie 1997 by die NG gemeente Johannesburg ingelyf, waarvan dit op 8 Julie 1897 afgestig het.https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/welkom/ng-gemeente-johannesburg-oos/
Ontstaan duimnael|links|170px|Weens 'n toestroming van mense het die bediening aan die Witwatersrand vir ds. N.J. van Warmelo en sy Heidelbergse kerkraad te veel geword. Die ontdekking van goud aan die Witwatersrand in 1886 het 'n toestroming van mense veroorsaak wat gou te veel geword het vir ds. Van Warmelo en die kerkraad van Heidelberg om te behartig. Die eerste NG erediens in Johannesburg in die middel van 1886 was 'n opelugdiens in die skaduwee van 'n wilgerboom naby die terrein waar die Abraham Kriel-kinderhuis en die kerkgebou van die NG gemeente Langlaagte later opgerig sou word.
Dit was egter deur die toedoen van die NG gemeente Dutoitspan op Kimberley dat die eerste gemeente in die Goudstad, NG gemeente Johannesburg, op 14 Augustus 1887 gestig is deur prop. J.N. Martins, vir wie Dutoitspan na die myndorpie gestuur het "om die dierbare Evangelie ook aan ons broers op die goudvelde te gaan verkondig".
Die dorp het snel gegroei en 'n reeks voorstede het begin vorm aanneem: onder meer Hillbrow (oos), Mayfair (wes, sien NG gemeente Mayfair), Rosebank (noord) en Rosettenville (suid). Toe Johannes de Villiers in 1897 as eerste burgemeester aangewys is, het die dorp reeds 100 000 inwoners gehad, waarvan die helfte wit was (hoofsaaklik Engelssprekendes en Russiese Jode) en in wie se geledere daar 24 mans per vrou was. Dit verklaar die 591 hotelle en kroeë binne die munisipale grense en ook amper dieselfde aantal bordele.Bulpin, T.V., Discovering Southern Africa. Cape Town: Discovering Southern Africa Publications cc, 2001
Die Kerk het nie op hom laat wag nie en voor die Anglo-Boereoorlog met al sy ontwrigting in 1899 uitgebreek het, die volgende Randse gemeentes gestig: Langlaagte (1892), Boksburg (1894), Fordsburg (1896), in 1897 op dieselfde dag (Donderdag 8 Julie) sowel Jeppestown as Johannesburg-Oos en in 1899 Germiston. Van die eerste ses Randse gemeentes bestaan teen 2012 nog net een: Johannesburg, met 60 lidmate (volgens die NG Kerk-Jaarboek), nadat Boksburg met sy minder as honderd lidmate deur die loop van 2011 by Boksburg-Suid ingelyf is. Albei die dogters is in die moedergemeente se ou kerkgebou op Von Brandisplein gestig. Die rede vir die afstigting was enersyds dat die moedergemeente onhanteerbaar groot geword het en andersyds dat daar onenigheid onder gemeentelede was.
duimnael|270px|Die Irene-Zaal, waarvan die hoeksteen op 7 Mei 1898 gelê is. Dit het as kerkgebou gedien tot Maart 1933. Dit was blykbaar geleë op die hoek van Plein- en Edith Cavellstraat. Die argitekte was Arthur Reid en Frederick Green.
duimnael|292px|Die eerste Irenekerk (hier gesien in 1935) is van Vrydag 3 Maart tot Sondag 5 Maart 1933 ingewy. Die laaste diens in dié kerk is op 31 Januarie 1971 gehou, twee jaar nadat die geboue verkoop is.
Groei Johannesburg-Oos se eerste leraar (1897–1904), ds. P.G.J. Meiring, het omstreeks 1895 na die Goudstad toe gekom om as hulpprediker hom veral te bemoei met die middestad-dele van die moedergemeente. Veertig lidmate het die waarborglys geteken wat die afstigting van die middestad- of oostelike deel sou moontlik maak, onder wie adv. Harry J. Hofmeyr (later burgemeester van Johannesburg en vise-kanselier van die Universiteit van die Witwatersrand), mnre. Lourens Geldenhuys, P. van Os (eerste skriba), O.J.J. van Wyk (eerste kassier), C.L. Neethling en J. van Eyssen. Die eerste koster was mnr. P.J. Preller. Seker die mees prominente naam op die waarborglys was dié van 'n jong staatsadvokaat, Jan Smuts, wat kort vantevore saam met sy vrou hulle intrek in 'n nederige huisie in Twiststraat geneem het.
Aanvanklik het die dogtergemeente eredienste en vergaderings in die moedergemeente se indertydse kerkgebou op Von Brandisplein gehou, maar kort voor lank moes hulle ander reëlings tref omdat die kerk verkoop is. Uiteindelik het die gemeente 'n tydelike tuiste in die Vrymesselaarsaal in Pleinstraat gekry. Daarvandaan het lidmate op 4 September 1898 oorgetrek na die eerste kerkgebou van Johannesburg-Oos. Omdat die gemeente noustrop getrek het, was die "kerk" in werklikheid 'n saal op erwe 346 en 347, hoek van Hol- (nou Edith Cavell-) en Pleinstraat. Die moedergemeente het dié grond geskenk as deel van die dogtergemeente se bruidskat.
Johannesburg se eerste burgemeester, Johannes de Villiers, het die hoeksteen van die gebou, wat die naam "Irene Zaal" gekry het, op Saterdag 7 Mei 1898 gelê.
Sowel die Anglo-Boereoorlog en Eerste Wêreldoorlog het hulle tol op die gemeente se geldsake geëis, maar teen die vroeë jare twintig was die swaarkry verby.
duimnael|links|260px|Teen die tyd dat die eerste Irenekerk in 1933 ingewy is, was Johannesburg reeds 'n groot stad.
Lidmate verhuis noordwaarts Teen 1926 het veral Johannesburg se noordelike voorstede in so 'n mate uitgebrei dat die swaartepunt van die gemeente weg van die Irenesaal beweeg het. Die gemeente moes toe dringend besluit of die lang verwagte kerkgebou saam met die lidmate noordwaarts sou skuif. Die snelgroeiende stad se raserige trems en motorfietse asook die alomteenwoordige stof van die mynhope, het stukrag aan die idee van 'n kerkgebou verder noord gegee. Uiteindelik het die kerkraad besluit hulle kan nie die middestad aan die genade oorlaat nie en so het hulle alles in die stryd gewerp vir die oprigting van 'n kerkgebou midde-in die toenemende woonstelblokke, wat ook die bevolking in die Hillbrow-omgewing snel laat toeneem het.
Op 21 November 1929 het lidmate die kerkraad se besluit geesdriftig goedgekeur en 'n boufonds is begin. Tien maande later staan dit op £4 370. Die hoeksteen is op 11 Junie 1932 gelê en die eerste Irenekerk en gepaardgaande geboue, wat altesaam £13 000 gekos het (die kansel, banke en tweede orrel inkluis), is van Vrydag 3 Maart tot Sondag 5 Maart 1933 ingewy. Die 5de Maart 1933 was toevallig dieselfde dag waarop die laaste verkiesing in Duitsland voor die Tweede Wêreldoorlog gehou is en wat Adolf Hitler met 'n minderheid stemme gewen het.
Dié kerkgebou sou uiteindelik amper 38 jaar lank die gemeente dien, want in 1968 gee die kerkraad die firma O.H. Oosthuizen & Vennote opdrag om sketsplanne vir 'n nuwe kerkgebou voor te lê. Die planne is in die middel van die jaar goedgekeur. Die gemeente het reeds aan die begin van 1968 die nodige grond teen R93 000 aangekoop. Die ou Irenekerk is in Januarie 1969 verkoop, maar bouwerk aan die nuwe Irenekerk het eers in April 1970 begin. Die hoeksteen is op 8 Augustus 1970 gelê en die laaste diens in die ou kerk is op 31 Januarie 1971 gehou. Die uiteindelike koste van die nuwe Irenekerk met sy indrukwekkende orrel, gebou deur Fehrle volgens 'n ontwerp deur Walter Supper van Esslingen in Duitsland, was sowat R280 000. Die gebou is die middag van 4 Maart 1972 in gebruik geneem en die orrel dieselfde aand. Die kerkorrel was, met sy 2 407 pype, die grootste in 'n Johannesburgse NG gemeente.Beeld
Afstigtings regs|270px|duimnael|Die binneruim van die vorige Irenekerk. Van Johannesburg-Oos is met die jare vyf gemeentes afgestig: Turffontein (in 1906 deels ook van Jeppestown), Johannesburg-Noord (in 1942 deels ook van Johannesburg (Braamfontein) ná die Irenekerk reeds in 1905 in 'n kerksaal in Orchards laat bou het) en Parkhurst (in 1944 ook deels van Johannesburg (Braamfontein)). Die laaste afstigting was Johannesburg-Sterrewag in 1964, waarheen ds. Hendrik Snijders as eerste leraar vertrek het. Toe Observatory en omstreke se Afrikaanse bevolking mettertyd wegkwyn, is dié dogtergemeente egter laat in die jare sewentig by Johannesburg-Noord ingelyf, pleks van by die moedergemeente. Parkhurst is in die jare negentig by Parksig, waarvan die naam Parkkruin geword het, ingelyf en Turffontein en Johannesburg-Suid het in 1994 as Deo Gloria saamgesmelt. Dieselfde lot het ook Johannesburg-Oos se tweelingsustergemeente, Jeppestown, oorgekom wat saam met al haar dogtergemeentes, Malvern, Bezuidenhoutsvallei en Belgravia, regstreeks of onregstreeks teen 1992 in Kensington opgeneem is.
Maatskaplike omstandighede duimnael|links|220px|Die tweede Irenekerk soos hy gelyk het voor die woonstelle opgerig is.
duimnael|270px|regs|Die hoeksteen van die eerste Irenekerk bly behoue in die tweede Irenekerk.
Dit het net mooi vyftig jaar geduur voor die NG Kerk in Johannesburg 'n gekoördineerde en noemenswaardige poging aangewend het om tot die redding te kom van stedelike Afrikaners wat in groot armoede en materiële ellende verkeer het. In 1937 stig die Nederduitse Hervormde of Gereformeerde Kerk (soos die NG Kerk in die Transvaal tot 1957 bekendgestaan het) die Randse Armsorgraad. In 1944 was daar 7 824 gesinne as hulpbehoewend by die raad aangeteken en dit was toe reeds die grootste welsynsinstansie aan die Rand. Die maatskaplike omstandighede van die Goudstadse Afrikaners het geleidelik na die Tweede Wêreldoorlog verbeter toe toenemende industrialisering in die gebied wat vandag as Gauteng bekendstaan en beter opleiding vir Afrikaners die ergste probleme met armoede, behuising en werkloosheid begin oplos het. In 23 Februarie 1945 se uitgawe van die Irenenuus bereken die voltydse maatskaplike werker van die Irenekerk dat daar tussen 450 en 500 siele in die gemeente was aan wie armesorg verleen moes word. Sy noem die oorsake van die verarming as onder meer dronkenskap, siekte, dood, egskeiding, werkloosheid, ontug, werkskuheid en swaksinnigheid. Oor die maatskaplike probleme in die gemeente meld mej. T. Vermeulen, 'n ander maatskaplike werker verbonde aan die Irenekerk, in die Irenenuus van 10 September 1941 sy glo dat die stryd in die middestad nie soseer teen armoede as sodanig is nie, maar teen maatskaplike euwels waarvan drankmisbruik en onwettige drankhandel die vernaamste is. In die gemeente se godsdiensverslag vir Julie 1944 tot Junie 1945 sê die kerkraad hulle glo die oorlogsomstandighede het bykomende stukrag aan die wantoestande gegee.
Evangelisasie duimnael|regs|270px|Die hoeksteen van die tweede Irenekerk, gelê deur dr. Willie Jonker op 8 Augustus 1970.
duimnael|links|230px|Die deure en van die houtwerk uit die ou Irenekerk is verwyder en aangebring in die nuwe Irenekerk van 1970.