Die kwikstertjies (ook kwikkies, wipstertjies of akkermannetjiesMakro Blokraaisels Woordeboek, deur L.L. Pansegrouw; genoem) is klein Ouwêreldse sangvoëls in die familie Motacillidae. Hulle is slankgeboude en dikwels kleurryke insekvreters wat oop landskappe in die Ou Wêreld bewoon. Die dosyn of wat spesies van genus Motacilla is die enigste verteenwoordigers van die subfamilie Motacillinae, en blyk hul oorsprong in die Palearktiese gebied te hê. Die Latynse naam vir ‘n kwikstert, motacilla, is afgelei van muttex, ‘n voëlsoort wat deur Hesychius van Alexandrië (Grieks: Ἡσύχιος ὁ Ἀλεξανδρεύς) vermeld is.

Kenmerke Kwiksterte het ‘n sierlike bouvorm, en hul lang dun sterte word konstant op en af gedu. Hul volksname dui juis op hierdie kenmerkende en byna konstante stertbeweging, 'n gedragskenmerk wat egter nie goed verstaan word nie. Dit is al voorgestel dat dit prooiinsekte uit hul skuilplekke versteur, of dat dit onderdanigheid aan ander kwiksterte mag aandui. Onlangse studies het eerder voorgestel dat dit 'n teken van waaksaamheid isRandler, C (2006). "Is tail wagging in white wagtails, Motacilla alba, an honest signal of vigilance?" Animal Behaviour 71 (5): 1089-1093 wat mag bydra om potensiële roofdiere te ontmoedig.Hasson, O. (1991). "Pursuit-deterrent signals: communication between prey and predator". Trends in Ecology & Evolution, 6:325-329.

Kwiksterte is terrestriële voëls van hoofsaaklik binnelandse waterryke habitatte. Die Kaapse kwikkie toon egter ‘n wye habitat-toleransie en word ook aan enige rotsagtige of sanderige seestrande gevind, benewens verskillende gemodifiseerde habitatte soos parke, sportvelde, tuine en rioolwerke.

Hulle maak op die grond nes, dikwels in 'n rotsskeur of teen 'n styl grondbank of muur, en lê 4 tot 6 (3–8) meestal gespikkelde eiers op 'n keer.Snow, D. W. & Perrins, C. M. (1998). The Birds of the Western Palearctic Concise Edition. OUP . Sommige spesies is matig tot besonder gregaries buite die broeiseisoen, en enkeles migreer. Hulle broei in Afrika, Europa en Asië, en sommige vertoon deelse of volkome trekgedrag. Twee spesies broei ook in westelike Alaska, en oorwinterende voëls mag Australië bereik. In Kenia is ‘n migrasiespoed van 46-48 km per uur by die geelkwikkie gemeet.

Hul kleursig is goed-ontwikkeld met tot 120 000 konusselle per mm2 wat in die retina van die geelkwikkie aangeteken is (vergeleke met sowat 10 000 by die mens). Hierdeur is hulle goed aangepas by helderverligte omgewings, en kan hul omgewing in detail waarneem.

Spesies duimnael|240px|'n Kaapse kwikkie in Namibië duimnael|240px|'n Gryskwikkie in China

Die genus van kwikstertjies, Motacilla, omvat 12 spesies,Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6). of 13 as die São Tomé-kortstertjie (Amaurocichla bocagii) bygereken word: Motacilla clara — Bergkwikkie Motacilla aguimp — Bontkwikkie Motacilla flava — Geelkwikkie Motacilla capensis — Kaapse kwikkie Motacilla cinerea — Gryskwikkie Motacilla citreola — Sitrienkwikkie Motacilla alba Motacilla flaviventris Motacilla grandis Motacilla maderaspatensis Motacilla samveasnae Motacilla tschutschensis

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronne Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Verwysings

Eksterne skakels