duimnael|links|Die Keiserryk Oostenryk (bruin) in die Duitse Bond (1815–1866) Die Keiserryk Oostenryk (Duits: Kaiserthum Österreich or Kaiserthum Oesterreich) was 'n staat in Sentraal-Europa vanaf 1804 tot 1867 en is deur slegs een monarg regeer. Die Keiserryk is met die kroning van die keiser van die Heilige Romeinse Ryk, Frans II, tot Keiser van Oostenryk op 11 Augustus 1804 gestig. Die seremonie het gevolg op die stigting van die Keiserryk Frankryk deur Napoleon Bonaparte op 18 Mei 1804. Frans II is in 1835 opgevolg deur sy seun Ferdinand I, wie tydens die rewolusie van 1848 ten gunste van Frans Josef I abdikeer het.
Met die nederlaag in die Duitse Oorlog teen die Koninkryk Pruise in 1866 is in 1867 die Oostenryks-Hongaarse kompromis voltooi en Oostenryk-Hongarye gestig.
Kategorie:Geskiedenis van Hongarye Kategorie:Geskiedenis van Oostenryk Kategorie:Geskiedenis van Slowakye Kategorie:Geskiedenis van Tsjeggië