Fanagalo (of Fanakalo) verwys na 'n vereenvoudige kunsmatige mengsel van woorde van verskeie Bantoetale sowel as Afrikaans. Dit word gebruik as 'n medium van kommunikasie in baie dele van Suider-Afrika, veral in die myne. Die gebruik daarvan was amptelik deur die Transvaalse en O.V.S. Kamer van Mynwese aangemoedig. Die woord self beteken 'op dié manier' of 'soos hierdie'.

Geskiedenis Fanakalo het sy ontstaan waarskynlik te danke aan die Indiërs wat in die Natalse suikerbedryf gewerk het en tegelyk Engels en Zoeloe probeer aanleer het. Dit is later na die goud- en diamantvelde en ander bedrywe uitgevoer waar dit gou as doeltreffende kommunikasiemiddel tussen Blanke en Bantoe posgevat het.

Fanakalo is nie veronderstel om enige taal te vervang nie, maar om kommunikasie te vergemaklik. Daar is destyds ongeveer 15 Europese tale en 44 Bantoetale in die mynbedryf gepraat. Fanakalo het die bedryf in staat gestel om dié kommunikasieprobleem te oorbrug.

Woorde Algemene woorde en frases: Afrikaans Fanagalo Uitspraak Ja Ehe Nee Cha Asseblief Yabolisa / golisa Dankie Inkomu / ndza khensa Verskoon my Sori Hoe gaan dit? Kanjani? Goed Kulungile Ek wil... Mina funa... Goeie more Sawubona / sakubona Totsiens Hamba gahle glimlag hleka sjlê-ka urineer cama qa-ma

Sien ook Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke

Bronne Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Verdere naleeswerk Cole, D.T.: Fanagalo and the Bantu language. In: Lantern. Tydskrif vir Volksopvoeding. Jaargang 3, nr. 3, Januarie 1954 Green, Lawrence G.: A thousand precious thoughts. In: When the journey's over. An incorrigible old wanderer's memories of travel in the Cape and far beyond the Cape; life in cities and solitudes; rare, strange and curious experiences. Kaapstad: Howard Timmins, 1972. Miners' Dictionary: English-Fanakalo = Woordeboek Vir Mynwerkers: Afrikaans-Fanakalo; Kamer van Mynwese; 1985;

Verwysings

Eksterne skakels Mynwerkerswoordeboek: Afrikaans/Fanakalo

Kategorie:Afrikaans Kategorie:Bantoetale Kategorie:Tale van Zambië Kategorie:Tale van Zimbabwe Kategorie:Pidgin- of kreooltaal