Die worsboom (Kigelia) is 'n genus van angiosperms (blommende plante) in die familie Bignoniaceae. Die genus bestaan uit slegs een spesie, Kigelia africana, en dit is dus 'n monotipiese takson. Dit kom reg deur tropiese Afrika voor, van Eritrea en Tsjad tot in die noordelike Suid-Afrika en van Senegal in die noordweste tot in Namibië in die suidweste. Die boom se FSA-nommer is 678.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Etimologie links|duimnael|Die bloeiwyse is 'n eindstandige blompluim.

Die boom se genusnaam is afgelei van die Mosambiekse Bantoenaam, kigeli-keia. Die algemene naam is worsboom, of sausage tree in Engels, verwysende na vorm van die boom se vrug. Die boom se Arabiese naam verwys na "die pa van groot sakke" (Roodt, 1992).

Infraspesies Daar is twee subspesies: Kigelia africana subsp. africana Kigelia africana subsp. moosa (Sprague) Bidgood & Verdc.

Verspreiding Die boom is inheems in die volgende lande:Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Golf van Guinee-eilande, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Liberië, Malawi, Mali, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Somalië, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die boom voor in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga.

Verbouing en gebruike Vrugte van die boom word vir 'n verskeidenheid van tradisionele Afrika-kure aangewend. Daar word geglo dat die vrugte teen rumatiek, slangbyte, bose geeste, sifilis en selfs teen tornado's (Watkins, 1975) werk. 'n Alkoholiese drank soortgelyk aan bier word ook daarvan gemaak. Die vars vrugte is giftig en is 'n sterk purgeermiddel. Die vrugte word gedroog, gebraai of gefermenteer (Joffe 2003; Mc-Burney 2004) om dit vir menslike gebruik voor te berei. In Botswana word die boom se hout vir mokoro's (mekoro), jukke en rieme gebruik (Roodt 1992). Dit word selfs vir 'n aantal velsorg-produkte ingespan.

Die boom word algemeen as 'n sierplant in tropiese gebiede (vir sy dekoratiewe blomme en ongewone vrugte) gekweek. Die plekke waar dit aangeplant word moet egter met groot omsigtigheid gekies word. As die vrugte val, kan dit ernstige besering veroorsaak en skade aan geparkeerde voertuie onder die bome aanrig.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne del Hoyo, J., Elliott, A., & Sargatal, J., reds. (1997). Handbook of the Birds of the World 4: 415. Lynx Edicions. Huxley, A., ed. (1992). Kigelia. In The New RHS Dictionary of Gardening 2: 735. Macmillan. Joffe, P. (2003). PlantZAfrica: Kigelia africana . McBurney, R. (2004). African Wild Harvest . Royal Botanic Gardens, Kew. Roodt, Veronica (1992). Kigelia Africana in The Shell Field Guide to the Common Trees of the Okavango Delta and Moremi Game Reserve. Gaborone, Botswana. Germplasm Resources Information Network (GRIN): Kigelia africana . Travel Africa: Sausage Tree . Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Benin Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burkina Faso Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Gaboen Kategorie:Flora van Gambië Kategorie:Flora van Ghana Kategorie:Flora van Guinee Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Liberië Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mali Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Niger Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van die Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Senegal Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Sierra Leone Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Togo Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe