Kraaipan is 'n dorp tussen Mahikeng en Vryburg in die voormalige Betsjoeanaland. Die dorp is belangrik in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, as die toneel van die eerste gevegte van die Tweede Vryheidsoorlog. Na die oorlogsverklaring, op 12 Oktober 1899, het die Boere, onder leiding van Generaal Koos de la Rey, 'n gepantserde trein, die Mosquito, by Kraaipan gebuit.
Sien ook Skermutselinge van die Tweede Vryheidsoorlog Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Kategorie:Nedersettings in Noordwes