12 Oktober is die 285ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (286ste in skrikkeljare). Daar volg nog 80 dae in die res van die jaar.
Gebeure duimnael|regs|100px|Margaret Thatcher word aangeval 1492 – Christophorus Columbus bereik die Bahamas-argipel en ontdek daarmee die Amerikas. 1551 – Pous Julius III stel Györgi Martinuzzi, biskop van Nagy Várad, Hongarye, aan as kardinaal. 1810 – Die eerste Oktoberfest word in München gehou om die troue van Prins Ludwig I van Beiere te vier. 1899 – Die eerste skote klap in die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika by Kraaipan nadat Brittanje die ultimatum van die Boererepublieke verwerp het. 1968 – Ekwatoriaal-Guinee word onafhanklik van Spanje 1984 – Die voorlopige Ierse Republikeinse Leër voer 'n mislukte sluipmoordaanval uit op Margaret Thatcher, die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk, en die grootste deel van haar kabinet, tydens die Brighton-hotel-bomaanval. 1999 – 'n Militêre staatsgreep gelei deur Generaal Pervez Musharraf in Pakistan lig Eerste Minister Nawaz Sharif uit die kussings. 2002 – 'n Reeks motorbomme ontplof in Bali, Indonesië, wat 202 mense dood en 'n verdere 209 beseer laat.
Geboortes 1537 – Eduard VI, koning van Engeland († 1553). 1762 – Jan Willem Janssens, laaste Nederlandse goewerneur van die Kaap († 1838). 1798 – Dom Pedro, keiser van Brasilië en koning van Portugal († 1834). 1865 – Manie Bredell, lyfwag en privaatsekretaris van pres. Paul Kruger († 1953). 1872 – Ralph Vaughan Williams, Engelse komponis († 1958). 1880 – Ernest Frederick Watermeyer, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika († 1958). 1908 – Arthur Space, Amerikaanse akteur († 1983) 1909 – A.P. Smit, predikant in die NG Kerk, geskiedskrywer en derde argivaris van die Kaapse Kerk († 1979). 1919 – Mary Ainslee, Amerikaanse aktrise († 1991). 1920 – Braam Raubenheimer, Suid-Afrikaanse politikus en minister van waterwese en bosbou († 2014). 1929 − Magnus Magnusson, Yslandse joernalis, vertaler, skrywer en televisie-aanbieder († 2007). 1932 – Dick Gregory, Amerikaanse akteur en skrywer († 2017). 1935 – Luciano Pavarotti, Italiaanse tenoor († 2007). 1946 – Dalton Cathey, Amerikaanse akteur († 1990). 1951 – Sally Little, Suid-Afrikaansgebore Amerikaanse gholfspeler. 1962 – Michelle Botes, Suid-Afrikaanse aktrise († 2024). 1978 – Jason Russell, Amerikaanse akteur, regisseur en skrywer. 1986 – Li Wenliang, Chinese oogarts en eerste aktivis oor die uitbreek van die Koronavirusepidemie van 2020 († 2020). 1995 – Keegan Farmer, Amerikaanse akteur.
Sterftes 638 – Pous Honorius I, 70ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 642 – Pous Johannes IV, 72ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±580). 1668 – Zacharias Wagenaer, tweede kommandeur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1614). 1730 – Frederik IV van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë (* 1671). 1750 – Rachel Ruysch, Nederlandse stilleweskilder (* 1664). 1969 – Sonja Henie, Amerikaanse aktrise en skryfster (* 1912). 1971 – Fritz Achterberg, Duitse toneelspeler (* 1880). 1978 – Schalk Pienaar, joernalis en koerantredakteur (* 1916). 1990 – Peter Zapffe, Noorse metafisikus, skrywer, kunstenaar, prokureur en bergklimmer (* 1899). 1995 – Dana Niehaus, Afrikaanse omroeper en akteur (* 1918). 1997 – John Denver, Amerikaanse sanger (* 1943). 2009 – Irene van Wyk, Afrikaanse gospelsangeres (* 1965). 2015 – Gene Louw, Suid-Afrikaanse politikus (* 1931). 2018 – Pik Botha, Suid-Afrika se langsdienende minister van Buitelandse Sake (* 1932). 2020 – Conchata Ferrell, Amerikaanse aktrise (* 1943). 2023 – Luis Garavito, Colombiaanse verkragter en kinderreeksmoordenaar (* 1957). 2024 – Tito Mboweni, agtste Goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, ANC-minister van arbeid en finansies (* 1959). 2025 – Martin Watt, Suid-Afrikaanse komponis (* 1970).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Jom Kippoer begin teen sononder in Judaïsme, Dussehra in Hindoeïsme.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Oktober