Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande (Engels: South Georgia and the South Sandwich Islands, Spaans: Islas Georgias del Sur y Sandwich del Sur) is 'n argipel in die suidelike Atlantiese Oseaan. Dit is 'n afgeleë en onherbergsame versameling van eilande, bestaande uit Suid-Georgië en 'n ketting van kleiner eilande bekend as die Suid-Sandwich-eilande. Die eilande het 'n bevolking van twee mense in die hoofstad Grytviken, CIA World Factbook 2010 maar soms word die nabygeleë King Edward Point as hoofstad beskou, omdat dit 'n permanente bevolking het.
Suid-Georgië is 165 kilometer lank en 35 kilometer breed en is verreweg die grootste eiland in die gebied. Die Suid-Sandwich-eilande lê ongeveer 700 kilometer suidoos van Suid-Georgië. Die gebied se totale landoppervlakte is 3 903 vierkante km.
duimnael|links|Kaart van Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande duimnael|links|Lande, wat Argentinië se eis steun van soewereiniteit oor die Falkland-eilande, Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande. duimnael|links|Lande, wat die Verenigde Koninkryk se eis steun van soewereiniteit oor die Falkland-eilande, Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande. Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande lê suidoos van Suid-Amerika en word sedert 1925 deur Argentinië geëis. Argentinië het die eilande in 1982 beset, maar is deur die Verenigde Koninkryk in die Falklandoorlog verslaan. Die Falklandeilande is ongeveer 1 300 kilometer wes geleë van die gebied se naaste punt daaraan. Duncan Anderson: The Falklands War 1982, (Essential Histories Band 15), Oxford 2002.
Die eilande is 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie L.L. Ivanov et al. The Future of the Falkland Islands and Its People. Sofia: Manfred Wörner Foundation, 2003. 96 bl. met' n grondwet wat in 1985 aangeneem en in 2009 gewysig is om die reg van selfbeskikking van die bevolking te herhaal. Chapter 1 of the Falkland Islands Constitution. 5th November 2008 (came into force on 1 January 2009). UK Office of Public Sector Information.
Verwysings
Bronnelys Algemeen
Eksterne skakels
Kategorie:Omstrede eilande