Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Tsjetsjniërs.
duimnael|Etniese kaart van die Kaukasus-streek Tsjetsjnies (Нохчийн Мотт / Noxçiyn Mott / نَاخچیین موٓتت / ნახჩიე მუოთთ, Nokhchiin mott, [ˈnɔx.t͡ʃiːn mu͜ɔt]) word deur 1,5 miljoen mense wêreldwyd gepraat, maar veral in Tsjetsjnië, Rusland, waar dit ’n amptelike taal is. Dit is saam met Ingoesjeties en Bats lid van die Nach-tak van die Noordoos-Kaukasiese taalfamilie. Daar is verskeie dialekte.
Grammatika Tsjetsjniese selfstandige naamwoorde val in ses klasse of geslagte, elk met ’n spesifieke voorvoegsel waarmee die werkwoord of byvoeglike naamword ooreenstem. Werkwoorde word nie beïnvloed deur die getal van die onderwerp nie.
Daar is agt naamvalle (nominatief, genitief, datief, ergatief, instrumentaall, substantief, komparatief en lokatief) en ’n hele paar agtersetsels om die rol van die selfstandige naamwoord in die sin aan te dui.
Skryfstelsels Verskeie inskripsies in die Georgiese alfabet is in die bergagtige dele van Tsjetsjnië gevind, maar almal was nie in Tsjetsjnies nie. Later is ’n Arabiese skryfstelsel ontwikkel wat onder meer in 1910, 1920 en 1922 hersien is. Terselfdertyd is ’n alfabet ontwikkel met Cyrilliese, Latynse en Georgiese letters wat vir akademiese doeleindes gebruik is. In 1911 is dit ook hersien, maar dit het nooit onder die Tsjetsjniërs self gewild geword nie.
Die Latynse alfabet is van 1925 af gebruik, maar van 1938 tot 1992 is net die Cyrilliese alfabet gebruik: Cyrillies Naam Mod. Latyns Naam IPAА ааA aaАь аьаьÄ ääБ ббэB bbeВ ввэV vveГ ггэG ggeГӀ гӀгӀаĠ ġġaД ддэD ddeЕ ееE eeЁ ёёyo etc.Ж жжэeЗ ззэZ zzeИ ииI iiИй ий Ii ii Й й(я, ю, е)доца иY ydoca iК ккK kkaКкх ккх Kk kkКх кхкхQ qqaКхкх кхкх Qq qqКъ къкъаaКӀ кӀкӀаKh khkhaЛ ллэL lelМ ммэM memН ннэN nenО ооO ooОь оьоьÖ ööП ппэP ppeПп пп Pp ppПӀ пӀпӀаPh phphaР ррэR rerРхӀ рхӀ Rh rhС ссэS sesСс сс Ss ssТ ттэT tteТт тт Tt ttТӀ тӀтӀаTh ththaУ ууU uuУв ув Uu uu Уь уьуьÜ üüФ ффэF fefХ ххэX xxaХь хьхьаaХӀ хӀхӀаH hhaЦ ццэC cceЦӀ цӀцӀаĊ ċċeЧ ччэÇ ççeЧӀ чӀчӀаeШ шшэŞ şşaЩ щщэ (Ъ) ъчӀогӀа хьаьркƏ əoġa ärk(Ы) ыы (Ь) ькӀеда хьаьрк Э ээE ee etc.Ю ююyu etc.Юь юьюьyü etc.Я яяya etc.Яь яьяьyä etc.Ӏ ӀӀаJ jja
Van 1992 af is ’n nuwe Latynse alfabet gebruik, maar ná die val van die afskeidingsregering is die Cyrilliese alfabet weer in gebruik geneem.
Verwysings
Eksterne skakels
Nochtsjiin latinic denjar Voorstanders van die Latynse alfabet Indigenous Language of the Caucasus (Chechen) Tsjetsjniese grammatika Baie inligting oor Tsjetsjnies
20px|links Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Noordoos-Kaukasiese tale