HalleHalle (Saale) 280px Kaart Wapen 170px|center|Halle in Duitsland 75px|center Vlag border|75px|center Land 20px Duitsland Deelstaat 20px Sakse-Anhalt Koördinate Stigting Voor 806 Stadstatus 1310 Oppervlakte: - Totaal 135,02 vk km Hoogte bo seevlak 87 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2009) 232 323 - Bevolkingsdigtheid 1 721/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 Burgemeester Alexander Vogt Amptelike Webwerf www.halle.de
Halle (Saale), meestal bloot Halle genoem, is die tweede grootste stad van die Duitse deelstaat Sakse-Anhalt. Dit het die sesde grootste bevolking in die gebied van die voormalige Oos-Duitsland ná die voormalige Oos-Berlyn, Leipzig, Dresden, Chemnitz en Magdeburg, en is Duitsland se 31ste grootste stad.
Die stadsilhoeët het die afgelope dekades nie baie verander nie, want die stad het in die Tweede Wêreldoorlog amper ongeskonde gebly. Die Halle-trem is een van die uitgebreidste tremnetwerke in Duitsland.
Halle is die geboorteplek van die komponis Georg Friedrich Händel en het 'n museum en monumet vir hom.
Beskrywing thumb|links|180px|Halle het die Tweede Wêreldoorlog feitlik ongskonde oorleef en sy stadsilhoeët lyk nog baie soos destyds. Met ongeveer 226 000 inwoners is Halle yler bevolk as die deelstaat se hoofstad, Magdeburg. Saam met Leipzig, Sakse se tweede grootste stad, vorm Halle die polisentriese Leipzig-Halle- stedelike gebied. Die Leipzig/Halle- Internasionale Lughawe lê tussen die twee stede, in Schkeuditz.
Halle het deur sy geskiedenis heen onder baie name bekend gestaan. Van die 15de tot die 17de eeu is dit "Hall in Sachsen" genoem. Van toe af tot aan die begin van die 20ste eeu was die naam Halle an der Saale, en dit is steeds ’n formele benaming vir die stad. Van 1965 tot 1995 is die stad "Halle/Saale" genoem.
Halle lê in die suide van Sakse-Anhalt en is die grootste stad aan die Saale (’n sytak van die Elbe), wat die derde langste rivier is wat geheel en al in Duitsland vloei, ná die Weser en die Main. Die Wit-Elster vloei in die suidelike stadsdeel Silberhöhe in die Saale.
Die stad is een van die belangrikste ekonomiese en opvoedkundige sentrums van Sentraal-Duitsland. Die Martin Luther-universiteit van Halle-Wittenberg, met kampusse in Halle en Wittenberg, is Sakse-Anhalt se grootste universiteit en een van Duitsland se oudstes. Die Universiteitshospitaal van Halle is die grootste hospitaal in die deelstaat. Die Duitse Nasionale Akademie van Wetenskappe (Leopoldina) se setel is in Halle. Halle is ook ’n belangrike radiosentrum; die Halle-radiotoring is Duitsland se tweede hoogste vakwerktoring, en snags skakel baie openbare Duitse radiostasies oor na die uitsaaisentrum van Mitteldeutscher Rundfunk in Halle, wat vir die nagprogram verantwoordelik is.
Die Halle-trem is een van die uitgebreidste Duitse tremnetwerke, en Halle (Saale) Hauptbahnhof is, naas Leipzig Hauptbahnhof, die belangrikste spilpunt van die sneltreinnetwerk S-Bahn Mitteldeutschland. Die Hemelskyf van Nebra, wat in Nebra in die Unstrutvallei tussen Halle en Erfurt ontdek is, word in die Halle-staatsmuseum vir die Voorgeskiedenis uitgestal.
Die stad is die geboorteplek van die Duits-Britse barokkomponis Georg Friedrich Händel en die Händelhuis is in ’n museum omskep. Die Händelmonument in Halle is Duitsland se enigste monument ter ere van hom.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Sakse-Anhalt