Tiwaans of Toewaans (Tiwaans: тыва дыл, tiwa dil) is ’n Turkiese taal wat in die Republiek van Tiwa in Suidsentraal-Siberië gepraat word. Die taal het baie woorde uit Mongools en meer onlangs uit Russies geleen. Daar is ook Tiwaanssprekense minderhede in Mongolië en China.

Daar is hoofsaaklik vier dialekte in Tiwa self: Wes-, Sentraal-, Noordoos- en Suidoos-Tiwaans.

Grammatika In Tiwaans word agtervoegsels gebruik om nuwe betekenisse aan woorde te gee. "Kameel" is byvoorbeeld tewe, "kamele" is tewe-ler, "my kamele" is tewe-ler-im en "van my kamele" is tewe-ler-im-den. Daar is ses naamvalle, en elke naamval-uitgang het ’n groot verskeidenheid gebruike en betekenisse, waarvan net ’n paar hier aangegee word.

Tewe[tewe]Nominatief"kameel" (geen agtervoegsel)Tewe + /-NIŋ/[teweniŋ]Genitief"van die kameel" (die fonetiese simbool word 'ng' uitgespreek soos in 'sing')Tewe + /-NI/[teweni]Akkusatief"die kameel" (bepaalde lidwoord, direkte voorwerp, soos in "Ek sien DIE kameel")Tewe + /-KA/[tewege]Datief"vir die kameel" (in die verlede tyd)Tewe + /-DAn/[teweden]Ablatief"van die kameel" of "as ’n/die kameel" (soos in "groter as ’n/die kameel")Tewe + /-DA/[tewede]Lokatief"by die kameel" of "in die kameel" (dui soms ook besitting aan)

Skryfstelsels Tiwaans is aanvanklik in die Mongoolse skrif geskryf.Cf. Otgonbayar Chuluunbaatar: Einführung in die mongolischen Schriften. Buske Verlag, Hamburg 2008, , bl. 70. In 1930 is ’n Latynse alfabet ontwerp en dié is in 1943 deur ’n Cyrilliese alfabet vervang wat vandag nog gebruik word.

Verwysings

Anderson, Gregory D.S. (2004). Auxiliary Verb Constructions in Altai-Sayan Turkic. Wiesbaden: Otto Harrassowitz.

Eksterne skakels

Engels-Tiwaanse aanlyn-klankwoordeboek Tiwaanse taal- en folklore-materiaal Tiwaanse alfabet 20px|links Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Tale van Rusland Kategorie:Turkiese tale