Karate Kallie is 'n Afrikaanse rolprent wat op 18 September 2009 in teaters begin draai het. Die regisseur en draaiboekskrywer is Wimpie van der Merwe. Die rolprent is gebaseer op 'n kortfilm met die selfde naam wat tydens die InniBos-filmfees gewen het, en 'n gesamentlike eerste plek by die Apollo-filmfees in 2007 behaal het.Film se Facebook-blad, besoek op 24 Julie 2010.

Genre Die rolprent is 'n romantiese komedie.

Hoofrolspelers Wynand van Vollenstee as Kallie Haasbroek Mike Smuts as Mike Haasbroek Leani Lerm as Annetjie Kotzé Petrus Harmse as Fritz Kotzé

Ondersteunende akteurs Marga van Rooy Ben Kruger as Meneer Lessing Henriëtta Gryffenberg Richard van der Westhuizen Marhette van Huyssteen Soon Pretorius Carmilla Mosavel Solomon Cupido

Storielyn Die storie gaan oor 'n oorgewig 17-jarige seun wat sukkel om in sy nuwe skool aan te pas. Boonop raak hy op die skool se grootste boelie se suster verlief. Karate Kallie is 'n grapperige rolprent vir die hele gesin.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente