Boetie gaan border toe! is 'n baanbrekendeHAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Afrikaanse rolprent wat in 1984 vrygestel is. Dit is 'n vollengte fliek met ’n destyds byderwetse styl oor 'n jong man (gespeel deur Arnold Vosloo) wat weermag toe gaan en daar volwasse word. Die Suid-Afrikaanse Weermag het met die produksie van die fliek gehelp. Die film is al as gesofistikeerde regeringspropaganda beskryf, en word ook as oorlogsromantisering gekritiseer. Die regie is deur Regardt van den Bergh behartig.
Genre Die rolprent is 'n komedie.
Rolspelers Arnold Vosloo as Boetie van Tonder (sy eerste rolprent) Eric Nobbs as Korporaal Botes Frank Dankert as Dampies Ball Kelsey Middleton as Jenny Ball Janie du Plessis as Elize Kerneels Coertzen as Davel Pagel Kruger as Mnr. Moerdijk William Abdul as James Frank Opperman as De Kock Blake Toerien as Piet Slabbert Christo Loots as Sunshine Neels Engelbrecht as Gattie Rudi De Jager as Meyer Bobbette Fouche as Mev. Moerdijk Graham Clarke as Dokter Gys de Villiers as Korporaal Smit Jacques Loots as Politikus Jana Cilliers as Dosent Gretha Brazelle as Charmaine
Storielyn Boetie probeer om sy diensplig vry te spring, maar word deur sy pa omgekoop. Alhoewel hy aanvanklik weerstand teen militêre dissipline bied, gaan hy oor tot kameraadskap met sy mede-soldate deur die intense basiese opleiding en hulle daaropvolgende aksie in die grensoorlog by Angola.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente