Die nasionale vlag van die Verenigde State is op 4 Julie 1960 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon dertien ewe horisontale bane afwisselend in rooi (bo en onder) en wit met ’n blou reghoek (waarna spesifiek verwys word as die "unie") in die skildhoek waarop daar 50 klein, vyfpuntige wit sterre, gereël in nege afwaartse horisontale rye, waar rye van ses sterre (bo en onder) met rye van vyf sterre afwissel. Die 50 sterre op die vlag verteenwoordig die 50 Deelstate van die Verenigde State van Amerika en die 13 bane staan vir die 13 Britse kolonies wat hul onafhanklikheid van die Koninkryk van Groot-Brittanje verklaar en sodoende die eerste deelstate van die Verenigde State geword het. Byname vir die vlag sluit in Stars and Stripes ("sterre en bane"), Old Glory ("ou glorie"), en die Star-Spangled Banner ("sterbesaaide banier"). Volgens Artikel 2 van die Amerikaanse vlagwet word na die goedkeuring van ’n nuwe deelstaat vanaf die volgende 4 Julie (Onafhanklikheidsdag) ’n verdere ster bygevoeg. § 2
Die kleure rooi, wit en blou is van die Union Jack as vlag van die Britse kolonies in Noord-Amerika ontleen. Die kleure het die volgende simboliek: wit vir suiwerheid en onskuld (purity and innocence), rooi vir dapperheid en veerkragtigheid (valor and hardiness) en blou vir waaksaamheid, deursettingsvermoë en geregtigheid (vigilance, perseverance, justice).
Die volkslied van die Verenigde State, The Star-Spangled Banner, verwys na die vlag van die Verenigde State. Op 14 Junie word die vlagdag (Flag Day) gevier, hoewel dit net in Pennsilvanië en Amerikaans-Samoa (op 17 Junie) ’n openbare vakansiedag is.
Simboliek duimnael|’n Wapperende Amerikaanse vlag in New York Stad Een van die mees gebruikte Amerikaanse simbole is die Amerikaanse vlag. Vir baie inwoners van die Verenigde State verteenwoordig die vlag alle vryhede en regte wat in die Grondwet van die Verenigde State (die sg. handves van Regte ( Bill of Rights) vervat word en bied dit ook veral individuele vryhede soos uiteengesit in die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring.
Oor die simboliek van die ontwerp het die Amerikaanse Kongres in 1977 ’n boek die lig laat sien met die volgende omskrywing daarin: "Die ster is ’n simbool van die hemelse en Goddelike doel waarop die mens hom sedert onherinnerbare tye gerig het; die strepe is simbolies vir die ligstrale van die son." Wat beteken die kleure van die vlag?, USFlag.org: ’n Webblad wat gewy is tot die Vlag van die Verenigde State van Amerika. URL besoek op 22 Mei 2019. George Washington het blykbaar gesê: "Ons het die sterre uit die hemel gekry, die rooi van ons moederland, geskei deur wit bane sodat ons kan sien dat ons van haar afgeskei het, en die wit bane sal in die toekoms ingaan en Vryheid verteenwoordig."
Vir baie mense staan die rooi en wit respektiewelik vir die bloed van diegene wat hul lewens neergelê het vir die ideaal en gawe van vryheid.
Ou en beskadigde vlae word verbrand in ’n eenvoudige seremonie. Die vlae word tydens betogings teen die Verenigde State ook dikwels met opset verbrand. Sommige groepe in die VSA stel dan ook voor om die verbranding van die vlag weens politieke redes strafbaar te maak
Die vyftig sterre op die vlag verteenwoordig die 50 Amerikaanse deelstate en die dertien bane verteenwoordig die oorspronklike dertien kolonies wat teen die Britse Monargie gerebeleer het en sodoende die eerste dertien state van die Unie geword het.Die state word gesamentlik verteenwoordig; daar is geen besondere betekenis aan die elke afsonderlike ster of baan nie.
Eed van getrouheid duimnael|Die vlag en The Star-Spangled Banner (volkslied) van die Verenigde State Deur die Eed van Getrouheid word ’n ewige trou aan die vlag gesweer. Hiermee saam is die vlag ’n simbool van nasionalisme, patriotisme en militarisme. Sedert die laaste aanpassing op 14 Junie 1954 lui die teks soos volg:
Ontwerp duimnael|Opvou van die Amerikaanse vlag Die basiese ontwerp van die huidige vlag word gespesifiseer deur die Vierde Titel van die Kode van die Verenigde State; daar word ook bepaal hoe nuwe sterre vir nuwe state verteenwoordig moet word. § 1 Die uiteensetting gee die volgende waardes:
Wydte van die vlag: A = 1.0 Lengte van die vlag: B = 1.9Let op dat die vlagverhouding (B/A in die diagram) nie absoluut vasgestel is nie. Alhoewel die diagram in Uitvoerende Bevel 10834 ’n verhouding van 1.9 gee, word ’n lys van vlae vroeër in die bevel gegee vir van goedgekeurde groottes vir agentskappe. In hierdie lys is elf vlae waarvan agt min of meer voldoen aan die gegewe verhouding maar die res redelik baie verskil Wydte van die blou reghoek: C = 0.5385 (A × 7/13, gelyk aan sewe bane) Lengte van die blou reghoek: D = 0.76 (B × 2/5, twee vyfdes van die lengte van die vlag) E = F = 0.0538 (C/10, Een tiende van die wydte van die blou reghoek) G = H = 0.0633 (D/12, Een twaalfde van die lengte van die blou reghoek) Deursnee van ster: K = 0.0616 Wydte van ’n baan: L = 0.0769 (A/13, Een dertiende van die wydte van die vlag)
Hierdie spesifikasies word vervat in ’n uitvoerende bevel wat tegnies die enigste vlae wat vir die federale regering van die Verenigde State gemaak word reguleer.
350px|senter|Konstruksietekening
Kleure duimnael|Die korrekte vertikale vertoning van die Amerikaanse vlag (hangende weergawe). Die "unie" (blou reghoek met sterre) moet altyd in die boonste linkerhoek wees. duimnael|Die Groot Seël van die Verenigde State ontleen die blou reghoek, die sterre en die rooi-wit bane van die vlag. Die presiese skakerings van rooi, wit en blou van die vlag is deur die CAUS Standard Color Reference of America se 10de uitgawe bepaal. Die kleure word as White, Old Glory Red en Old Glory Blue gespesifiseer. General Services Administration "Federal Specification DDD-F-416F: Flag, National, United States of America and Flag, Union Jack". 31 Maart 2005. Die CIE-koördinate vir die kleure in die 9de uitgawe van die Standard Color Card is formeel gespesifiseer in JOSA van 1946. Genevieve Reimann, Deane B. Judd, en Harry J. Keegan (1946). "Spectrophotometric and Colorimetric Determination of the Colors of the TCCA Standard Color Cards". JOSA 36 (3), 128–159. Hierdie kleure vorm die standaard vir die doek, en daar is geen perfekte manier om hulle na RGB vir vertoning op skerm of CMYK vir drukwerk om te skakel nie. Die "relatiewe" koördinate in die volgende tabel is verkry deurdat die liggewende reflektansie vergelyk is met die vlag se "wit".
+ Amptelike kleure Naam Absoluut Relatief CIELAB D65 Munsell CIELAB D50 sRGB GRACoL 2006 L* a* b* H V/C L* a* b* R G B 8-bit hex C M Y K White 88.7 −0.2 5.4 2.5Y 8.8/0.7 100.0 0.0 0.0 1.000 1.000 1.000 #FFFFFF .000 .000 .000 .000 Old Glory Red 33.9 51.2 24.7 5.5R 3.3/11.1 39.9 57.3 28.7 .698 .132 .203 #B22234 .196 1.000 .757 .118 Old Glory Blue 23.2 13.1 −26.4 8.2PB 2.3/6.1 26.9 11.5 −30.3 .234 .233 .430 #3C3B6E .886 .851 .243 .122
Nes die ontwerp is die amptelike kleure net aan amptelike vereistes onderhewig vir vlae wat vir die Amerikaanse federale regering vervaardig word; ander kleure word dikwels vir massamark-vlae, gedrukte reproduksies en ander produkte gebruik wat bedoel is om vlagkleure na te bots. Die gebruik van meer versadigde kleure as die amptelike doek s’n is nie nuut nie. Soos Taylor, Knoche en Granville in 1950 geskrewe het:
Soms word die benaderinge van die Pantone Matching System (PMS) tot die vlagkleure gebruik. Een stelsel is reeds in 1998 op die webwerf van die Amerikaanse ambassade in Londen weergegee; die webwerf van die Amerikaanse ambassade in Stockholm het in 2001 beweer dat dit deur Pantone voorgestel is, en dat die Amerikaanse regeringskantoor voorkeur aan ’n ander stel gegee het. ’n Derde rooi is in 2002 in ’n dokument van die Kaliforniese Militêre Department voorgestel. In 1998, "U.S. Flag Facts" By Oktober 2002 website "United States of America" , Flags of the World. "Flags over California, a history and guide". In 2001 het die wetgewer van Texas bepaal dat die kleure van die Texaanse vlag "(1) dieselfde kleure soos op die vlag van die Amerikaanse vlag moet wees" en (2) die nommers as 193 (rooi) en 281 (donderblou) van die Pantone Matching System bepaal. The Government Code; Title 11. State Symbols and Honors; Subtitle A; Chapter 3100. Statutes.legis.state.tx.us. Besoek op 27 Mei 2011.
+ Pantone benaderings Bron PMS CIELAB D50 sRGB GRACoL 2006 L* a* b* R G B 8-bit hex C M Y K Safe 100.0 0.0 0.0 1.000 1.000 1.000 #FFFFFF .000 .000 .000 .000 Ambassadein Londen 193 C 42.1 64.4 26.7 .756 .076 .238 #C1133D .165 1.000 .678 .063 281 C 15.4 7.0 −41.8 .000 .149 .388 #002663 1.000 .906 .388 .231 Ambassadein Stockholm 186 C 44.1 67.8 37.9 .800 .048 .185 #CC0C2F .122 1.000 .796 .035 288 C 18.0 7.6 −50.3 .000 .172 .466 #002C77 1.000 .863 .357 .141 CA Mil. Dept. 200 C 41.1 64.2 30.8 .745 .051 .203 #BE0D34 .169 1.000 .749 .074
Geskiedenis Die vlag is 26 keer verander sedert die unie van dertien state die vlag aangeneem het. Die huidige weergawe is sedert 4 Julie 2007 die Amerikaanse vlag wat die langste in gebruik is. Voorheen was dit die vlag met 48 sterre (dit was vir 47 jaar die vlag van die VSA).
Grand Union-vlag Ten tyde van die ondertekening van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring op 4 Julie 1776 het die VSA geen amptelike vlag gehad nie. Daar is verskeie kere na die Grand Union-vlag verwys as die Eerste Nasionale vlag; alhoewel dit nooit enige amptelike status gehad het nie, is dit gebruik tydens die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog Grand Union Flag deur George Washington en het dit ook die basis gevorm vir die ontwerp van die eerste amptelike Amerikaanse vlag. Die vlag herinner baie aan die vlag van die Brits Oos-Indiese Kompanjie van dieselfde era wat sedert 1707 gebruik is; sir Charles Fawcett het in 1937 gemeen dat die vlag van die Kompanjie as inspirasie vir die vlag van die VSA gedien het, Die gestreepte vlag van die Oos-Indiese Kompanjie en die verbinding met die Amerikaanse "Stars and Stripes" by Flags of the World daarmee saam het Buckminster Fuller dit ook in sy boek Critical Path genoem. Die vlag van die Kompanjie kon egter enigiets tussen nege en dertien bane gehad het en dit mog nie buite die Indiese Oseaan gewapper word nie. Oos-Indiese Kompanjie (Verenigde Koninkryk) Beide vlae kon maklik vervaardig word deur horisontale bane by die Rooi Britse Vaandel te voeg.
’n Ander teorie meen dat die rooi en wit gestreepte—en later, starre-en-strepe—motief van die vlag gebaseer kon gewees het op die wapenskild van George Washington (’n wit skild met twee rooi bane onder drie rooi sterre).’n Dokumentêr van die BBC in 2002 waarin die dorpe Selby en Selby Abbey verskyn noem dat die wapenskild wat vertoon is as inspirasie vir die vlag van die VSA gedien het.
Historiese progressie van die vlag In die onderstaande tabel van die 28 variasies van die ontwerpe van die vlag van die Verenigde State is die sterrepatrone vir die vlae slegs die gewone patrone wat dikwels met die Vloot van die Verenigde State verbind word. Die ontwerp van die skildhoek het, voor die proklamasie van die 48-ster vlag, geen amptelike rangskikking gehad nie. Die presiese kleure van die vlag is ook nie gestandaardiseer tot 1934 nie.(Vir alternatiewe weergawes van die vlag van die Verenigde State, sien die Sterre van die V.S. vlag-bladsy by Flags of the World.)