Arnold Vosloo (16 Junie 1962, Pretoria – ) is 'n Suid-Afrikaanse rolprent- en toneelakteur. Hy is bekend vir die titelrol wat hy vertolk het in die 1999-film The Mummy en die vervolg in 2001, The Mummy Returns.
Loopbaan Vosloo het sy loopbaan in die Suid-Afrikaanse teater begin waar hy verskeie Dalrotoekennings ontvang het vir sy optredes in toneelstukke soos Don Juan, Hamlet, en Môre is 'n Lang Dag. Hy het vinnig 'n bekende persoon in Pretoria se Staatsteater geword.
In 1984 gaan hy oor na rolprente, en speel die hoofrol in Boetie gaan border toe!, 'n komedie oor die Grensoorlog, saam met Frank Opperman. Ook in Circles in the Forest as Saul (gebaseer op die boek Kringe in 'n Bos van Dalene Matthee ) in 1990. Later speel Vosloo in die 'Boetie'-opvolger, Boetie op maneuvers in 1986.
Met sy aankoms in die VSA keer Vosloo terug na die teater waar hy optree in Born In The RSA en in 'n kortstondige produksie van Salomé saam met Al Pacino.
Sy Amerikaanse filmdebuut was in 1492: Conquest of Paradise (1992). Hy verskyn later in die twee minder suksesvolle vervolgverhale van die 1990 -film Darkman, Darkman II: The Return of Durant (1994) en Darkman III: Die Darkman Die (1996), en vul die skoene van Liam Neeson as die karakter Darkman. Hy is ook bekend daarvoor dat hy skurke vertolk soos in die John Woofilm Hard Target (1993), met Jean-Claude Van Damme in die hoofrol. Hy vertolk die titelrol van die 1999 film The Mummy (met Brendan Fraser in die hoofrol), asook die opvolger hiervan in 2001, The Mummy Returns. In albei films speel hy Imhotep, 'n ou Egiptiese hoëpriester. Vosloo speel ook François Molay, die hoofskurk se handlanger, in die 2003-film Agent Cody Banks.
Benewens sy filmloopbaan speel hy 'n gasrol in verskeie TV-reekse, waaronder The Red Shoe Diaries, American Gothic (1995), Nash Bridges (1995), Charmed (2000), Alias (2004) en NCIS (2009). Hy was een van die hoofkarakters in Veritas: The Quest (2003).
In 2004 keer Vosloo terug na Suid-Afrika om in Forgiveness te speel, 'n film oor 'n oudpolisieman wat na die familie van 'n anti-apartheidsaktivis soek wat hy vermoor het. Ook speel hy die huursoldaat Colonel Coetzee in die 2006 film Blood Diamond, wat gedeeltelik verfilm is in Suid-Afrika. Vosloo se aangesig, sowel as sy stem, is gekies as die hoofheld (Saul Myers) in die videospeletjie Boiling Point: Road to Hell, wat in 2005 gepubliseer is. Hy vertolk ook die rol van die Cobra-huursoldaat, Zartan, in die 2009 videospeletjie G.I Joe: The Rise of Cobra.Onderhoud in Mei 2020 op YouTubeLaetitia Pople: Pacino verstommend - Arnold Vosloo 'New York is stimulerend én neerdrukkend', Beeld-Kalender, 5 Mei 1992.
Filmografie Jaar Titel Rol Notas 1984 Boetie gaan border toe! Boetie van Tonder 1985 Morenga Schiller 1987 Skeleton Coast Blade Saturday Night at the Palace Dougie Steel Dawn Makker 1988 Act of Piracy Sean Stevens Gor Norman 1989 Reason to Die Wilson The Revenger Mackie 1990 Circles in a Forest Saul Living to Die Jimmy The Rutanga Tapes Assad Buried Alive Ken Wade 1992 The Finishing Touch Mikael Gant 1492: Conquest of Paradise Guevara 1993 Red Shoe Diaries 2: Double Dare Bill Hard Target Pick van Cleaf 1994 Darkman II: The Return of Durant Darkman/Dr. Peyton Westlake 1995 American Gothic Rafael Santo TV-reeks Fallen Angels MacMan TV-reeks 1996 Nash Bridges Alex Abe TV-reeks Darkman III: Die Darkman Darkman/Dr. Peyton Westlake 1997 Zeus and Roxanne Claude Carver 1998 Rough Draft Stefan Progeny Dr. Craig Burton 1999 Strange World Dark-Haired Man TV-reeks The Mummy High Priest Imhotep 2000 Charmed Darklighter TV-reeks 2001 The Red Phone: Manhunt Wolf TV-film The Mummy Returns High Priest Imhotep 2002 Endangered Species Warden Con Express Anton Simeonov Warrior Angels Luke Global Effect Dr. Richard Hume 2003 Veritas: The Quest Vincent Siminou TV-series Agent Cody Banks Francois Molay The Red Phone: Checkmate Wolf TV-film 2004 Alias Mnr. Zisman TV-reeks Meltdown Khalid/Sands TV-film Forgiveness Tertius Coetzee 2005 24 Habib Marwan TV-reeks, herhalende karakter Im Auftrag des Vatikans (Death Train) Lennart TV-film 2006 Blood Diamond Kolonel Coetzee 2007 Living & Dying Ondersoekbeampte Rick Devlin Shark Andre Zitofsky TV-reeks 2008 Odysseus and the Isle of the Mists Odysseus Shark Andre Zitofsky TV-reeks 2009 Chuck Vincent TV-reeks Fire and Ice: The Dragon Chronicles King Augustin NCIS Mossad Officer Amit Hadar TV-reeks G.I. Joe: The Rise of Cobra Zartan 2011 Vanilla Gorilla ? Familie-avonture. Vrystellingsdatum: 24 April 2011. The Precious One Kevin Stent Ware verhaal oor die Olimpiese atleet Precious McKenzie. Four Saints Baron de T’Serclaes 2013 G.I. Joe: Retaliation Zartan 2013 Odd Thomas Tom Jedd 2015 Shark Killer Nix 2018 The Harrowing Dr. Franklin Whitney 2020 Griekwastad Colonel Dick de Waal2022Silverton SiegeKaptein Johan Langerman2022LudikDaan LudikTV-reeks
Verwysings
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1962 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu