Hobart (Engels: [ˈhoʊbɑːrt], ) is die hoofstad van die Australiese deelstaat Tasmanië met 'n bevolking van 232 670 in 2020 en 'n oppervlakte van 1 695,5 km². Die hawestad is aan die suidooskus van die eiland geleë en is die oudste stad in die land naas Sydney. Dit is aan die rivier Derwent, die Tasman-hoofweg en aan die voet van die 1 271 m hoë berg Wellington geleë. Die Universiteit van Tasmanië is in Hobart geleë.

duimnael|links|Hobart se hawe met die stadsentrum en Mount Wellington in die agtergrond Hobart is in 1803 as 'n strafkolonie gestig. Vandag is dit 'n besige hawe en die tuishawe van Antarktiese ekspedisies. Toeriste-aantreklikhede sluit die Salamanca-markte, Cadbury-sjokoladefabriek en die Cascade-brouery in. Hobart het 'n oseaniese klimaat.

Sport Hobart beskik met die Bellerive-ovaal oor 'n belangrike toetskrieketstadion. Die Australiese nasionale krieketspan speel van sy tuiswedstryde in die stad. Die Bellerive-ovaal het onder andere wedstryde tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1992 en 2015, asook die T20I-wêreldbeker 2022 gehuisves.

Bronnelys

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Hoofstede in Australië Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Tasmanië