Moderne Awaars behoort tot die Awaar-Andiese groep van die Noordoos-Kaukasiese taalfamilie. Dit is sedert die 15de eeu in die ou Georgiese alfabet geskryf. Van die 17de eeu af is ’n aangepaste Arabiese skrif gebruik. In 1928 is oorgeslaan na die Latynse alfabet en in 1938 na die Cyrilliese alfabet.

Verspreiding duimnael|links|Etniese kaart van die Kaukasus-streek Dit word hoofsaaklik in die westelike en suidelike dele van die Russiese republiek Dagestan gepraat, asook in Noordwes-Azerbeidjan. Daar is ook klein Awaarse gemeenskappe in ander Russiese republieke soos Tsjetsjnië en Kalmikië, asook in Georgië, Kasakstan, Oekraïne, Jordanië en die Marmara-streek van Turkye. Daar is wêreldwyd sowat 1,4 miljoen sprekers.

Dit is een van ses geskrewe tale van Dagestan, waar dit nie net deur die Aware gepraat word nie, maar ook dien as kommunikasietaal tussen verskillende etniese groepe.

Alfabet А а Б б В в Г г Гъ гъ Гь гь ГI гI Д д /a/ /b/ /w/ /ɡ/ /ʁ/ /h/ /ʕ/ /d/ Е е Ё ё Ж ж З з И и Й й К к Къ къ /e/, /je/ /jo/ /ʒ/ /z/ /i/ /j/ /k’/ /qː’/ Кь кь КI кI КIкI кIкI Кк кк Л л М м Н н О о /t͡ɬː’/ /k’/ /t͡ɬː/ /ɬ/ /l/ /m/ /n/ /o/ П п Р р С с Т т ТI тI У у Ф ф Х х /p/ /r/ /s/ /t/ /t’/ /u/ /f/ /χ/ Хх хх Хъ хъ Хь хь ХI хI Ц ц Цц цц ЦI цI ЦIцI цIцI /qː/ /x/ /ħ/ /t͡s/ /t͡s’/ Ч ч ЧI чI ЧIчI чIчI Ш ш Щ щ Ъ ъ Ы ы Ь ь /t͡ʃ/ /t͡ʃ’/ /ʃ/ /ʃː/ /ʔ/ /ɨ/ Э э Ю ю Я я /e/ /ju/ /ja/

en word ook geskryf as onderskeidelik ЛI лI, Лъ лъ.

Voorbeelde Hallo! Ворчами! Worčami! Hoe gaan dit? Иш кин бугеб? Iš kin boegeb? Wat is jou naam? Дуда цар щиб? Doeda car ššib? Hoe oud is jy? Дур чан сон бугеб? Doer čan son boegeb? Waarheen gaan jy? Mун киве ина вугев? Moen kiwe ina woegew? Jammer! Таса лъугьа! Tasa łoeha! Waarheen gaan die seuntjie? Киве гьитинав вас унев вугев? Kiwe hitinaw was oenew woegew? Hulle bou die pad. Гьез нух бале(гьабулеб) буго. Hez noex bale(habuleb) boego.

Verwysings

Eksterne skakels

Rosetta-projek: Awaars Awaars-kurus (in Frans)

20px|links Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Noordoos-Kaukasiese tale