Erzja (эрзянь кель, erzjan kel) word deur sowat 500 000 mense gepraat in die noordelike, oostelike en noordwestelike dele van die Republiek van Mordowië en die aangrensende gebiede Nizjni Nowgorod, Tsjoewasjië, Penza, Samara, Saratof, Orenburg, Oeljanofsk, Tartarstan en Basjkortostan in Rusland. Sprekers kan ook gevind word in Armenië, Estland, Kasakstan en ander nuwe onafhanklike state in Sentraal-Asië.

Erzja word tans in die Cyrilliese alfabet geskryf sonder enige aanpassings aan die Russiese weergawe. In Mordowië is Erzja saam met Russies en Moksja ’n amptelike taal.

Die taal behoort tot die Mordwiens tak van die Fins-Wolgaïese tale, ’n subtak van die Oeraalse tale. Dit is nou verwant aan Moksja.

Alfabet Die moderne Erzja-alfabet is dieselfde as vir Russies: АБВГДЕЁЖЗИЙКЛМНОПРСТУФХЦЧШЩ ЪЫ ЬЭЮЯ

Verwysings

Bibliografie A.I. Bryzhinskiy, O.V. Pashutina, Ye.I. Chernov. Писатели Мордовии Биобиблиографический справочник. Saransk: Mordovskoye Knizhnoye Izdatelystvo, 2001. . Vasilij D'omin. Сюконян тенк... Эрзянь писательде ёвтнемат. Saransk, 2005. . Ksenija Djordjevic & Jean-Leo Leonard. Parlons Mordve. Paris: L'Harmattan, 2006, . D.V. Tsygankin. Память запечатленная в слове: Словарь географических названий республики Мордовия. Saransk, 2005. .

Eksterne skakels

Finno-Oegriese Elektroniese Biblioteek (teks in Mari, Komi-Sirjeens, Oedmoerts, Erzja en Moksja) Erzjanj Mastor (in Erzja en Russies) 20px|links Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Oeraalse tale Kategorie:Tale van Rusland Kategorie:Tale van Kasakstan Kategorie:Tale van Armenië Kategorie:Tale van Kirgisië Kategorie:Tale van Oesbekistan Kategorie:Tale van Turkmenistan