Ingoesjeties (ГӀалгӀай мотт Ğalğaj mott, [ʁəlʁɑj mot]) is ’n Noordoos-Kaukasiese taal wat deur sowat 322 900 mense gepraat word in ’n streek wat Ingoesjetië, Tsjetsjnië, die res van Rusland en Kasakstan beslaan. Die plaaslike naam van die taal is ГІалгІай мотт (Ğalğaj mott) en dit is saam met Russies die amptelike taal van Ingoesjetië.

Dialekte duimnael|links|Etniese kaart van die Kaukasus-streek Ingoesjeties het nie dialekte nie buiten Galantsjozj, wat beskou word as ’n oorgang tussen Ingoesjeties en Tsjetsjnies.

Skryfstelsel Ingoesjeties het aan die begin van die 20ste eeu ’n skryftaal geword. Die Arabiese alfabet is aanvanklik daarvoor gebruik. Ná die Russiese Rewolusie van 1917 is eers ’n Latynse alfabet en later ’n Cyrilliese alfabet gebruik. А а Аь аь Б б В в Г г ГI гI Д д Е е Ё ё Ж ж З з И и Й й К к Кх кх Къ къ КI кI Л л М м Н н О о П п ПI пI Р р С с Т т ТI тI У у Ф ф Х х Хь хь ХI хI Ц ц ЦI цI Ч ч ЧI чI Ш ш Щ щ Ъ ъ Ы ы Ь ь Э э Ю ю Я я Яь яь I

Verwysings

Eksterne skakels

Inheemse tale van Kaukasië (Ingoesjeties) Ingoesjetiese Projek by UC Berkeley 20px|links Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Noordoos-Kaukasiese tale