Mansi (asook Wogoelies, wat al uitgesterf het) is ’n taal van die Mansi-volk. Dit word gepraat in dele van Rusland aan die Ob-rivier en sy sytakke, onder andere in die Chanto-Mansiese Outonome Okroeg en die Swerdlofsk-oblast. Volgens die 2010-sensus was daar 940 sprekers in Rusland.
Mansi behoort tot die Ob-Oegriese subfamilie van die Fins-Oegriese tale. Dit het vier dialekte: Suid-, Wes-, Oos- en Noord-Mansi, wat elk nie deur sprekers van die ander dialekte verstaan word nie. Die eerste twee is tans uitgesterf.
Die basis van die geskrewe taal is die Soswa-dialek, wat verteenwoordigend is van die noordelike dialek. Dit het in 1868 vir die eerste keer in die Latynse alfabet in druk verskyn. Sedert 1937 word dit in ’n vorm van die Cyrilliese alfabet geskryf.
Alfabet A БВГДЕЁЖЗИЙКЛМНӇОПРСТУЎФХЦЧШЩ ЪЫ ЬЭӘЮЯ
Verwysings
Nyelvrokonaink. Teleki László Alapítvány, Boedapest, 2000. A világ nyelvei. Akadémiai Kiadó, Boedapest. Kálmán, Béla. 1965. Vogul Chrestomathy. Indiana University Publications. Uralic and Altaic-reeks, Vol. 46. Mouton, Den Haag (in Engels). Munkácsi, Bernát en Béla Kálmán. 1986. Wogulisches Wörterbuch. Akadémiai Kiadó, Boedapest (in Duits en Hongaars).
Eksterne skakels Mansi by Omniglot Mansi-woordeboek 20px|links Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Ernstig bedreigde tale Kategorie:Oeraalse tale Kategorie:Tale van Rusland