Boerjaties (буряад хэлэн, boerjaad chelen) is ’n Mongoolse variëteit wat gewoonlik as ’n taal geklassifiseer word. Die Russiese vorm daarvan word deur die Boerjate gepraat aan Rusland se noordelike grens met Mongolië, weerskante die Baikalmeer. Daar is ook kleiner Boerjatiessprekende gemeenskappe in Mongolië (Mongoolse Boerjaties) en die Volksrepubliek China (Chinese Boerjaties).
duimnael|links|Boerjatiese koerant uit 1925 Russiese Boerjaties (буряад хэлэн, Boerjaad chelen) is saam met Russies die amptelike taal van die Republiek van Boerjatië. Dit is die enigste van die drie vorms van Basjkiries met ’n geskrewe taal, waarvoor die Cyrilliese alfabet gebruik word.
Die grootste verskille tussen die drie vorms is vanweë leenwoorde uit ander tale en die sosiale konteks waarin hulle gebruik word.Raymond G. Gordon, jr, red. 2005. Ethnologue: Languages of the World. 15de uitgawe. Dallas: Summer Institute of Linguistics.
Skryfstelsels Latynse alfabet (1931–1939) A a B b C c Ç ç D d E e F f G g H h I i J j K k L l M m N n O o Ө ө P p R r S s Ş ş T t U u V v X xLetter in 1937 ingevoer Y y Z z Ƶ ƶ ь
Cyrilliese alfabet А а Б б В в Г г Д д Е е Ё ё Ж ж З з И и Й й К к Л л М м Н н О о Ө ө П п Р р С с Т т У у Ү ү Ф ф Х х Һ һ Ц ц Ч ч Ш ш Щ щ Ъ ъ Ы ы Ь ь Э э Ю ю Я я
Verwysings
Bronne Poppe, Nicholas. (1960). Buriat Grammar. Uralic and Altaic-reeks (No. 2). Bloomington: Universiteit van Indiana.
Eksterne skakels
20px|links Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Mongoolse tale Kategorie:Tale van Rusland Kategorie:Tale van Mongolië Kategorie:Tale van China