Chakassies (Хакас тілі, Chakas tili) is ’n Turkiese taal wat in die Republiek Chakassië in Rusland gepraat word. Die meeste Chakasiërs is tweetalig en Chakassies is saam met Russies die amptelike taal van die republiek.

Dialekte Die taal word tradisioneel verdeel in verskeie dialekte wat na die verskillende "stamme" genoem is: Sagai, Katsja, Koibal, Beltir en Kizil. Die name verteenwoordig egter voormalige administratiewe eenhede eerder as stamme of taalgroepe. Die sprekers van al die dialekte noem hulself Tadar (dus Tatare). Sjories, wat later as ’n Chakassiese dialek erken is, word gepraat deur mense wat oorspronklik van Sjorië af kom (tans die Kemerowo-streek).

Alfabette Die Chakassiese letterkundige taal, wat ná die Russiese Rewolusie van 1917 ontstaan het, is gebaseer op die sentrale dialekte Sagai en Katsja. Sedert 1924 is ’n vorm van die Cyrilliese alfabet daarvoor gebruik. Dit is 1929 vervang met ’n Latynse alfabet en in 1939 weer met ’n Cyrilliese alfabet.

Latynse alfabet: A a B b C c Ç ç D d Ә ә F f G g I i Į į J j K k L l M m N n O o Ө ө P p R r S s Ş ş T t U u V v X x Y y Z z Ь ь

Cyrilliese alfabet: А а Б б В в Г г Ғ ғ Д д Е е Ё ё Ж ж З з И и Й й I i К к Л л М м Н н Ң ң О о Ö ö П п Р р С с Т т У у Ф ф Х х Ц ц Ч ч Ш ш Щ щ Ъ ъ Ы ы Ь ь Ә ә Ю ю Я я

Verwysings

Eksterne skakels Ethnologue: Chakassies Chakassiese volk en Chakassië Chakassiese alfabet 20px|links Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Tale van Rusland Kategorie:Turkiese tale