Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999 (Spaans: Copa Confederaciones México ’99; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 24 Julie tot 4 Augustus 1999 in Meksiko aangebied. Dit was die tweede sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

duimnael|links|upright|Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is Die gasheer Meksiko het die toernooi gewen nadat hulle die verdedigende kampioen Brasilië in die eindstryd geklop het. Die Verenigde State het in die derde en Saoedi-Arabië in die vierde plek geëindig. Dit was die tweede toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, dié reël is ook vir die vorige 1997- en die twee daaropvolgende 2001 en 2003-toernooie ingespan, maar daarna weer geskrap.

Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Meksikostad Guadalajara Estadio Azteca Estadio Jalisco <small> <small> Kapasiteit: 115 000 Kapasiteit: 66 700 200px 200px

Deelnemende spanne duimnael|400px|Spanne wat aan die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999 deelgeneem het: SpanKonfederasieKwalifiseringDeelnameCONCACAFGasheer en wenner van die CONCACAF Goue-beker in 19983deCONMEBOLNaaswenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 19982deUEFAWenner van die UEFA Europa-beker in 19961steAFCWenner van die AFC Asië-beker in 19964deCONMEBOLNaaswenner van die Copa América-beker in 19971steCAFWenner van die Afrikanasiesbeker in 19981steCONCACAFNaaswenner van die CONCACAF Goue-beker in 19982deOFCWenner van die OFC Nasiebeker in 19981ste

Formaat Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999 is oor twaalf dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 24 Julie 1999 op die Estadio Jalisco in Guadalajara met ’n wedstryd tussen Brasilië en Duitsland afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Estadio Azteca in Meksikostad op 4 Augustus 1999 met die eindstryd tussen Meksiko en Brasilië, waartydens die gasheer die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooi in 1997 ingespan.

Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJulieSa24So25Ma26Di27Wo28Do29Vr30Groep A | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseJulie/AugustusSa31So1Ma2Di3Wo4Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 2 | | bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Legende

Groepfase Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A Land321083+5731116604302123–12302159–42

Groep B Land330070+79320142+26310226–43300316–50

Uitklopfase

Halfeindrondte

Klein finale (om die derde plek)

Eindstryd

Sokker-Konfederasiebekerkampioen 1999

FIFA se terugwerkende ranglys In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 1999-toernooi is soos gevolg:

RangSpanGroep 1 A 5 4 1 0 13 6 +7 13 2 B 5 4 0 1 18 6 +12 12 3 B 5 3 0 2 6 3 +3 9 4 A 5 1 1 3 8 16 −8 4 In die groepfase uitgeskakel 5 B 3 1 0 2 2 6 −4 3 6 A 3 0 2 1 2 3 −1 2 7 A 3 0 2 1 5 9 −4 2 8 B 3 0 0 3 1 6 −5 0

Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:

Rang Speler Doele 1 Ronaldinho 6 Cuauhtémoc Blanco 6 Marzouk Al-Otaibi 6 4 Alex 4 5 Zé Roberto 3 José Manuel Abundis 3 7 Samir Kamouna 2 Roni 2 Miguel Zepeda 2 Brian McBride 2 11 Radwan Yasser 1 Abdel Sattar Sabry 1 Ahmed Hassan 1 Limberg Gutiérrez 1 Renny Ribera 1 Rang Speler Doele 11 Marcos Paulo 1 João Carlos 1 Serginho 1 Lothar Matthäus 1 Michael Preetz 1 Francisco Palencia 1 Pável Pardo 1 Chris Zoricich 1 Ibrahim Al-Shahrani 1 Nawaf Al-Temyat 1 Paul Bravo 1 Jovan Kirovski 1 Joe-Max Moore 1 Ben Olsen 1

Verwysings

Eksterne skakels

fifa.com: Mexico stun Brazil in thrilling Azteca final fifa.com: FIFA Technical Report – Part 1 fifa.com: FIFA Technical Report – Part 2 rsssf.com: Intercontinental Cup for Nations 1999

1999 Kategorie:Geskiedenis van Meksiko Kategorie:Sokkerkompetisies in Meksiko Kategorie:Sport in 1999