Die Koning Fahd-beker in 1992 (Arabies: 1992 كأس الملك فهد; Engels: King Fahd Cup) is van 15 tot 20 Oktober 1992 in Saoedi-Arabië aangebied en genoem na koning Fahd bin Abdoel Aziz al-Saoed. Dit was die eerste keer wat die sokker-konfederasiebeker onder die naam Koning Fahd-beker aangebied is, nadat dit en die daaropvolgende 1995-toernooi terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken is.
duimnael|links|upright|Die Koning Fahd-trofee waarom meegeding is Net drie kontinentale sokkerkampioene het koning Fahd se uitnodiging aanvaar en saam met die gasheer Saoedi-Arabië aan die toernooi deelgeneem. Vervolgens het dié toernooi oor geen groepfase beskik nie en regstreeks met die uitklopfase afgeskop. Argentinië het die toernooi gewen nadat hulle die gasheer Saoedi-Arabië met 3–1 in die eindstryd geklop het; die gasheer het daarmee die eerste Asiatiese span geword wat die eindstryd van ’n interkontinentale sokkertoernooi gehaal het. Die Verenigde State het in derde en Ivoorkus in die vierde en laaste plek geëindig.
Stadion Al die wedstryde is gespeel op dieselfde stadion:
Riaad Koning Fahd II-stadion Kapasiteit: 67 000 Opening: 1987 200px
Deelnemende spanne duimnael|400px|Spanne wat aan die Koning Fahd-beker in 1992 deelgeneem het SpanKonfederasieKwalifiseringDeelnameAFCGasheerland en wenner van die AFC Asië-beker in 19881steCONMEBOLWenner van die Copa América-beker in 19911steCONCACAFWenner van die CONCACAF Goue-beker in 19911steCAFWenner van die Afrikanasiesbeker in 19921ste
Formaat Die Koning Fahd-beker in 1992 is oor ses dae tussen vier verskillende nasies oor vier wedstryde uitgespeel. Dit het op 15 Oktober 1992 op die Koning Fahd II-stadion in Riaad met ’n wedstryd tussen die gasheer Saoedi-Arabië en die Verenigde State afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 20 Oktober met die eindstryd tussen Saoedi-Arabië en Argentinië, waartydens Argentinië die Koning Fahd-trofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die Koning Fahd-beker in 1992 se daaglikse program aan. ’n Groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiUitklopfaseOktoberDo15Vr16Sa17So18Ma19Di20Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Legende
Uitklopfase Die Koning Fahd-beker in 1992 het direk met die uitklopfase afgeskop en dit het uit vier wedstryde bestaan: twee halfeindstryde, ’n derde-plek-wedstryd en die eindstryd.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde Uitklopfase
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Koning Fahd-bekerwenner 1992
FIFA se terugwerkende ranglys In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 1992-toernooi is soos gevolg:
duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:
Gasheerland Saoedi-Arabië RangSpan 1 2 2 0 0 7 1 +6 4 2 2 1 0 1 4 3 +1 2 3 2 1 0 1 5 5 ±0 2 4 2 0 0 2 2 9 –7 0
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Gabriel Batistuta 2 Bruce Murray 2 3 Alberto Acosta 1 Ricardo Altamirano 1 Caniggia 1 Leonardo Rodríguez 1 Diego Simeone 1 Donald-Olivier Sié 1 Abdoulaye Traoré 1 Fahad Al-Bishi 1 Khaled Al-Muwallid 1 Saeed Al-Owairan 1 Yousuf Al-Thunayan 1 Marcelo Balboa 1 Cobi Jones 1 Eric Wynalda 1
Verwysings
Eksterne skakels
fifa.com: Saudi Arabia 1992: Argentina get the ball rolling rsssf.com: 1992 Matches
1992 Kategorie:Geskiedenis van Saoedi-Arabië Kategorie:Riaad Kategorie:Sokkerkompetisies in Saoedi-Arabië Kategorie:Sport in 1992