Die Gauja (Duits: Livländische Aa, Estnies: Koiva jõgi) is 'n rivier in die historiese Letlandse gewes Lyfland (Lets: Vidzeme).

Die rivier vloei deur die Nasionale Gauja-park, wat ook as "Lyflandse Switserland" bekend staan, deur die landelike munisipaliteit Cēsis in westelike rigting en mond noord van die Letlandse hoofstad Riga in die Golf van Riga (Oossee) uit. Met 'n lengte van 452 kilometer is Gauja die langste rivier wat uitsluitlik op Letlandse grondgebied vloei.

Kategorie:Geografie van Estland Kategorie:Riviere in Letland Kategorie:Riviere in Europa