Messua is 'n genus uit die Salticidae-familie (springspinnekoppe).
Naam Die naam van die genus is vernoem na Messua, 'n vroulike karakter in Rudyard Kipling se The Jungle Book. Ander Salticidae-genusse met Kipling se karaktername is Akela, Bagheera en Nagaina
Klassifikasie Die genus is die eerste keer in 1896 deur die Amerikaanse aragnoloë, George en Elizabeth Peckham omskryf, gegrond op die spesie Messua desidiosa.
Die genus Messua is in 1897 deur Eugène Simon as 'n eweknie van Zygoballus beskou. Na 'n ondersoek oor onder watter spesietipe Messua desidiosa ingedeel moet word, merk Simon op dat dit "veel minder van die tipiese Zygoballus afwyk as wat die [Peckhams se] beskrywing te kenne gee." Hierdie stelling is in 1996 deur Wayne Maddison verkeerd bewys, met Messua wat as 'n geldige genus erken is. Maddison het ook verskeie ander spesies onder Messua ingedeel wat vroeër onder Metaphidippus geklassifiseer is.
Spesies Messua centralis (Peckham & Peckham, 1896) — Panama Messua dentigera (Frederick Octavius Pickard-Cambridge, 1901) — Guatemala tot Panama Messua desidiosa Peckham & Peckham, 1896 — Costa Rica, Panama Messua donalda (Kraus, 1955) — El Salvador Messua latior (Carl Friedrich Roewer, 1955) — Panama Messua laxa (Arthur M. Chickering, 1946) — Panama Messua limbata (Nathan Banks, 1898) — VSA, Meksiko Messua moma (F. O. P.-Cambridge, 1901) — Guatemala tot Guyana Messua octonotata (F. O. P.-Cambridge, 1901) — Sentraal-Amerika Messua pura (Bryant, 1948) — Meksiko Messua tridentata (F. O. P.-Cambridge, 1901) — Meksiko
Verwysings
Kategorie:Spinnekopagtiges