Potjiesbergpas is 'n bergpas op die N9 nasionale pad net noord van waar die R62 provinsiale pad (die Langkloofpad) uit die ooste by die N9 aansluit. Die pas is ongeveer 15 km suid van Uniondale en bereik 'n hoogte van 910 m bo seespieël met 'n maksimum helling van 1 in 14. Paaie rondom Uniondale het bekend geword weens verhale van rylopers wat spoke blyk te wees nadat hulle opgelaai is.Charles Fryer: Van spoke gepraat. Tafelberg 2006southafrica.net: A shiver down your spine - Ghosts of South Africa

Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap