Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 (Arabies: 1997 السعودية; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 12 tot 21 Desember 1997 in Saoedi-Arabië aangebied. Die was die eerste sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die vorige twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.
duimnael|links|upright|Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is Hoewel Duitsland, wenner van die Europese Sokkerkampioenskap 1996, nie deelgeneem het nie, is elke kontinentale konfederasie deur ’n sokkerspan verteenwoordig. Die wenner van die Sokker-Wêreldbeker, destyds Brasilië, kon vir die eerste keer meeding.
Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle Australië met 6–0 in die eindstryd geklop en sodoende die eerste span geword wat die kontinentale beker (1997), die wêreldbeker (1994) en die konfederasiebeker agtereenvolgens ingepalm het. Tsjeggië het in die derde en Uruguay in die vierde plek geëindig. Dit was die eerste toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, dié reël is ook vir die drie daaropvolgende 1999-, 2001- en 2003-toernooie ingespan, maar daarna weer geskrap.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het vir die eerste keer aan die konfederasiebeker deelgeneem maar hulle is reeds in die eerste rondte uitgeskakel.
Stadion Al die wedstryde is gespeel op dieselfde stadion:
Riaad Koning Fahd II-stadion Kapasiteit: 67 000 Opening: 1987 200px
Deelnemende spanne duimnael|400px|Spanne wat aan die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 deelgeneem het: SpanKonfederasieKwalifiseringDeelnameAFCGasheer en wenner van die AFC Asië-beker in 19963deCONMEBOLWenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 en tweede plek in die CONCACAF Goue-beker in 19961steCONMEBOLWenner van die Copa América-beker in 19951steCAFWenner van die Afrikanasiesbeker in 19961steOFCWenner van die OCF Nasies-beker in 19961steUEFANaaswenner van die UEFA Europa-beker in 1996Tsjeggië neem Duitsland se plek in as Europa se verteenwoordiger nadat Duitsland die uitnodiging van die hand wys.1steCONCACAFWenner van die CONCACAF Goue-beker in 19962de Verenigde Arabiese EmirateAFCWenner van die AFC Asië-beker in 19961ste
Formaat Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 is oor agt dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 12 Desember 1997 op die Koning Fahd II-stadion in Riaad met ’n wedstryd tussen die gasheer Saoedi-Arabië en Brasilië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 21 Desember 1997 met die eindstryd tussen Brasilië en Australië, waartydens Brasilië die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseDesemberVr12Sa13So14Ma15Di16Wo17Groep A | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseDesemberDo18Vr19Sa20So21Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 2 | | bgcolor=#c3b091| 2Legende
Groepfase Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting, waartydens die wedstryd deur die aantekening ’n goue doel dadelik beslis kon word. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A Land321062+47311132+14310286+23310218–73
Groep B Land330084+49311195+44310228–63301257–21
Uitklopfase
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Sokker-Konfederasiebekerkampioen 1997
FIFA se terugwerkende ranglys In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 1997-toernooi is soos gevolg:
RangSpanGroep 1 A 5 4 1 0 14 2 +12 13 2 A 5 2 1 2 4 8 −4 7 3 B 5 2 1 2 10 7 +3 7 4 B 5 3 0 2 8 6 +2 9 In die groepfase uitgeskakel 5 A 3 1 0 2 8 6 +2 3 6 B 3 1 0 2 2 8 −6 3 7 A 3 1 0 2 1 8 −7 3 8 B 3 0 1 2 5 7 −2 1
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Romário 7 2 Vladimír Šmicer 5 3 Ronaldo 4 4 Cuauhtémoc Blanco 3 5 Francisco Palencia 2 Helman Mkhalele 2 Pavel Nedvěd 2 Darío Silva 2 Nicolás Olivera 2 10 John Aloisi 1 Harry Kewell 1 Damian Mori 1 Mark Viduka 1 Júnior Baiano 1 César Sampaio 1 Denílson 1 Rang Speler Doele 10 Luis Hernández 1 Braulio Luna 1 Ramón Ramírez 1 Mohammed al-Khilaiwi 1 Brendan Augustine 1 Pollen Ndlanya 1 Lucas Radebe 1 Horst Siegl 1 Edvard Lasota 1 Hassan Mubarak 1 Adnan Al Talyani 1 Christian Callejas 1 Antonio Pacheco 1 Álvaro Recoba 1 Marcelo Zalayeta 1 Mohamed Obaid ED duimnael|upright|Romário
Verwysings
Eksterne skakels
fifa.com: Saudi Arabia 1997: Brazil burn bright fifa.com: FIFA Technical Report – Part 1 fifa.com: FIFA Technical Report – Part 2 fifa.com: FIFA Technical Report – Part 3 rsssf.com: Intercontinental Cup for Nations 1997
1997 Kategorie:Geskiedenis van Saoedi-Arabië Kategorie:Riaad Kategorie:Sokkerkompetisies in Saoedi-Arabië Kategorie:Sport in 1997