Die Koning Fahd-beker in 1995 (Arabies: 1995 كأس الملك فهد; Engels: King Fahd Cup) is van 6 tot 13 Januarie 1995 in Saoedi-Arabië aangebied en genoem na koning Fahd bin Abdoel Aziz al-Saoed. Dit was die tweede en laaste keer wat die sokker-konfederasiebeker onder die naam Koning Fahd-beker aangebied is, nadat dit en die vorige 1992-toernooi terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken is. Die volgende toernooie vanaf 1997 is onder FIFA se vaandel aangebied.
duimnael|links|upright|Die Koning Fahd-trofee waarom meegeding is Vyf kontinentale sokkerkampioene het koning Fahd se uitnodiging aanvaar en saam met die gasheer Saoedi-Arabië aan die toernooi deelgeneem, waarvolgens twee spanne meer aan dié toernooi deelgeneem het. Vervolgens kon dit vir die eerste keer met ’n groepfase afskop, waarop die uitklopfase gevolg het. Denemarke het die toernooi gewen nadat hulle die verdedigende kampioen Argentinië met 2–0 in die eindstryd geklop het. Meksiko het in die derde en Nigerië in die vierde plek geëindig.
Stadion Al die wedstryde is gespeel op dieselfde stadion:
Riaad Koning Fahd II-stadion Kapasiteit: 67 000 Opening: 1987 200px
Deelnemende spanne duimnael|400px|Spanne wat aan die Koning Fahd-beker in 1995 deelgeneem het: SpanKonfederasieKwalifiseringDeelnameAFCGasheerland2deCONMEBOLWenner van die Copa América-beker in 19932deCAFWenner van die Afrikanasiesbeker in 19941steUEFAWenner van die UEFA Europa-beker in 19921steCONCACAFWenner van die CONCACAF Goue-beker in 19931steAFCWenner van die AFC Asië-beker in 19921ste
Formaat Die Koning Fahd-beker in 1995 is oor agt dae tussen ses verskillende nasies oor agt wedstryde uitgespeel. Dit het op 6 Januarie 1995 op die Koning Fahd II-stadion in Riaad met ’n wedstryd tussen die gasheer Saoedi-Arabië en Meksiko afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 13 Januarie 1995 met die eindstryd tussen Denemarke en Argentinië, waartydens Denemarke die Koning Fahd-trofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die Koning Fahd-beker in 1995 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJanuarieVr6Sa7So8Ma9Di10Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1Groep B | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1UitklopfaseJanuarieWo11Do12Vr13Uitklopfase
| bgcolor=#c3b091| 2Legende
Groepfase Die Koning Fahd-beker in 1995 is deur ses nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die ses deelnemende spanne in twee groepe van drie spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die derde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal. Die boonste span in albei groepe het na die eindstryd deurgedring, terwyl die naaswenner in albei groepe in die klein finale ontmoet het.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit twee wedstryde bestaan het: ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Beide die eindstryd en die kein finale moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde Kwalifiseer vir die eindstryd.Kwalifiseer vir die bronseindstryd.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase Ses spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste span van albei groepe het in die eindstryd verskyn en die tweede span van albei groepe in die klein finale om die derde plek.
Groep A Land211031+24211031+24200204–40
Groep B Land211051+44211030+34200218–70
Uitklopfase Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Koning Fahd-bekerwenner 1995
FIFA se terugwerkende ranglys In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 1995-toernooi is soos gevolg:
RangSpanGroep 1 A 3 2 1 0 5 1 +4 7 2 B 3 1 1 1 5 3 +2 4 3 A 3 1 2 0 4 2 +2 5 4 B 3 1 2 0 4 1 +3 5 In die groepfase uitgeskakel 5 A 2 0 0 2 0 4 −4 0 6 B 2 0 0 2 1 8 −7 0
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Luis García 3 2 Gabriel Batistuta 2 Peter Rasmussen 2 Daniel Amokachi 2 5 José Chamot 1 Ariel Ortega 1 Sebastián Rambert 1 Brian Laudrup 1 Michael Laudrup 1 Morten Wieghorst 1 Kazuyoshi Miura 1 Ramón Ramírez 1 Mutiu Adepoju 1 Emmanuel Amuneke 1 duimnael|upright|Luis García
Verwysings
Eksterne skakels
fifa.com: Saudi Arabia 1995: Denmark come in from the cold rsssf.com: 1995 Matches
1995 Kategorie:Geskiedenis van Saoedi-Arabië Kategorie:Riaad Kategorie:Sokkerkompetisies in Saoedi-Arabië Kategorie:Sport in 1995