Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 (Frans: Coupe des Confédérations 2003; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 18 tot 29 Junie 2003 in Frankryk aangebied. Dit was die vierde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.
duimnael|links|upright|Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Frankryk, die gasheerland en verdedigende kampioen van 2001, het die toernooi gewen nadat hulle Kameroen in die eindstryd geklop het; Kameroen het die eerste Afrikaspan geword wat die eindstryd van ’n interkontinentale sokkertoernooi gehaal het. Turkye het in die derde en Colombia in die vierde plek geëindig. Dit was die vierde en laaste toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, dié reël is ook vir die drie vorige 1997-, 1999- en 2001-toernooie ingespan.
Die toernooi is ontsier deur die dood van die Kameroense sokkerspeler Marc-Vivien Foé wat in die wedstryd teen Colombia op die veld aan ’n akute hartstilstand oorlede is.
Toewysing Voor die sperdatum op 1 Mei 2002 is vyf bie ingedien. Australië, Portugal en die Verenigde State het enkelbie ingedien, terwyl Suid-Afrika en Egipte asook Frankryk en Switserland saamgespan het. Die Frans-Switserse span is nooit gerealiseer nie.
Die gasheer is aangewys tydens FIFA se uitvoerende komitee se vergadering op 24 September 2002.
Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Saint-Denis Lyon Saint-Étienne Stade de France Stade de Gerland Stade Geoffroy-Guichard Kapasiteit: 80 000 Kapasiteit: 41 200 Kapasiteit: 36 000 200px 200px 200px
Deelnemende spanne duimnael|400px|Spanne wat aan die FIFA Konfederasiebeker in 2003 deelgeneem het: SpanKonfederasieKwalifiseringDeelnameUEFAGasheer en wenner van die UEFA Europa-beker in 20002deCONMEBOLWenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 20024deAFCWenner van die AFC Asië-beker in 20003deCONMEBOLWenner van die Copa América-beker in 20011steCONCACAFWenner van die CONCACAF Goue-beker in 20023deCAFWenner van die Afrikanasiesbeker in 20022deUEFADerde plek in die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 20021steOFCWenner van die OFC Nasiebeker in 20022de
Formaat Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 is oor twaalf dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 18 Junie 2003 op die Stade de France in Saint-Denis met ’n wedstryd tussen Nieu-Seeland en Japan afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 29 Junie met die eindstryd tussen Kameroen en Frankryk, waartydens die gasheer die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997, 1999 en 2001 ingespan.
Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieWo18Do19Vr20Sa21So22Ma23Groep A | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseJunieDi24Wo25Do26Vr27Sa28So29Uitklopfase
| bgcolor=#00cc33| 2 | | bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Legende
Groepfase Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting, waartydens die wedstryd deur die aantekening ’n goue doel dadelik beslis kon word. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A Land330081+79320142+26310243+133003111–100
Groep B Land321020+273111440431113304301213–21
Uitklopfase
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Sokker-Konfederasiebekerkampioen 2003
FIFA se terugwerkende ranglys In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 2003-toernooi is soos gevolg:
RangSpanGroep 1 A 5 5 0 0 12 3 +9 15 2 B 5 3 1 1 3 1 +2 10 3 B 5 2 1 2 8 8 ±0 7 4 A 5 2 0 3 5 5 ±0 6 In die groepfase uitgeskakel 5 B 3 1 1 1 3 3 ±0 4 6 A 3 1 0 2 4 3 +1 3 7 B 3 0 1 2 1 3 −2 1 8 A 3 0 0 3 1 11 −10 0
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Thierry Henry 4 2 Robert Pires 3 Giovanni Hernández 3 Shunsuke Nakamura 3 Tuncay Şanlı 3 Okan Yılmaz 3 7 Adriano 2 Gökdeniz Karadeniz 2 9 Alex 1 Samuel Eto'o 1 Geremi Njitap 1 Rang Speler Doele 12 Pius N'Diefi 1 Jorge López 1 Mario Yepes 1 Djibril Cissé 1 Ludovic Giuly 1 Sidney Govou 1 Olivier Kapo 1 Sylvain Wiltord 1 Hidetoshi Nakata 1 Raf de Gregorio 1 DaMarcus Beasley 1 duimnael|upright|Thierry Henry
Verwysings
Eksterne skakels
fifa.com: FIFA Confederations Cup France 2003, France retain crown in tournament hit by tragedy fifa.com: FIFA Technical Report – Part 1 fifa.com: FIFA Technical Report – Part 2 fifa.com: FIFA Technical Report – Part 3 rsssf.com: Intercontinental Cup for Nations 2003
2003 Kategorie:Geskiedenis van Frankryk Kategorie:Sokkerkompetisies in Frankryk Kategorie:Sport in 2003