Soechoi Su-33 230px Rol: Jagvegvliegtuig Bemanning: 1 Eerste vlug: 17 Augustus 1987 Aantal gebou: 24 Status Gebruik deur: Russiese Vloot Status: In aktiewe diens Afmetings Lengte: 21,19 m Vlerkspan: 14,70 m Massa Maks. brandstoflading: 9 400kg Maks. wapenlading: 6 500kg Maks. opstygmassa: 33 000kg Aandrywing Enjins: 2× Saturn AL-31F3 Stukrag: 2× 75 kN, naverbrander: 123 kN Topsnelheid: Mach 2,35 Togafstand: 3 000km Maks. hoogte: 17 000m Bewapening Boordkanon: 1× GSh-301 30 mm, 150 rondes Ophangpunte: 12 Lugaanvalswapens: R-27ER, -EM, R-27ET, R-73 Grondaanvalswapens: Bomme, vuurpyle Skipaanvalswapens: Kh-41 Sunburn

De Soechoi Su-33 (NAVO-kodenaam: Flanker-D) is 'n veeldoelige jagvegvliegtuig van die Russiese Vloot. Dit is eintlik 'n verbeterde en verder ontwikkelde Soechoi Su-27, maar is aangepas om vanaf 'n vliegdekskip ontplooi te word.

Beskrywing Die Su-33 lyk nogal baie soos die Su-27 betreffende die uiterlike, bewapening en kajuit. Die meeste veranderinge is aangebring om die vliegtuig geskik te maak om vanaf vliegdekskepe te bedryf. Een van die verbeteringe was om die landingstel te verstewig en 'n tweede neuswiel is bygevoeg. Die vlerke kan opvou om plek in die vliegtuigloods te spaar. Die vliegtuig het ook 'n haak om die vangkabel te vang en klein stabiliseringsvlerkies wat help tydens opstyging en landing vanaf die vliegdek aan boord van die Admiraal Koeznetsov. Die Su-33 kan met sy gevorderde elektronika volledig met sy outomatiese loods op die Admiraal Koeznetsov land. Die Su-33 kan in die lug vanaf 'n brandstoftenker hervul word, en kan ook self as brandstofdraende vliegtuig gebruik word.

Take Aan boord van die Admiraal Koeznetsov vervul die Su-33 verskeie rolle. Die vliegtuig is verantwoordelik vir vlootverdediging en -verkenning, maar ook opsporing en lê van seemyne, aanvalle op oppervlakskepe en bied algemene lugsteun.

Bewapening Die Su-33 kan sowel vir lug-tot-lug as lug-tot-grond gevegte gebruik word. In die grondaanvalsrol kan verskeie geleide en ongeleide missiele gebruik word, soos die Kh-29T bomme en missiele. Terselfdertyd is die Su-33 toegerus met lug-tot-lug missiele soos die R-27EM wat spesifiek ontwikkel is om kruismissiele te onderskep en te vernietig.

Dataverbinding Net soos by die Su-27 kan die Su-33 onderling hul radargegewens met mekaar deel via 'n dataverbindig, sodat elke vliegtuig in die vlug die ander se radarskerms kan sien.

Hittesoekende sensors Die Su-33 beskik ook oor 'n hittesoekende optiese soekstelsel wat vliegtuie, helikopters en missiele tot 70 km ver kan opspoor.

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Eksterne skakels KnAAPO. "The Su-33 single-seat carrier-based fighter" . Sukhoi Company (JSC). "Su-33: Historical background" .

Kategorie:Russiese wapentuig Kategorie:Vegvliegtuie