Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Maleiers.
Maleis (Bahasa Melayu, بهاس ملايو) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat deur sowat 60,5 miljoen mense as moedertaal gepraat word. Gestandaardiseerde variante van Maleis geniet amptelike status in Maleisië (Maleisies of Standaard Maleis), Indonesië (Indonesies) en Broenei. Dit is saam met Chinees, Engels en Tamil een van die vier amptelike tale van Singapoer. Indonesies word in Indonesië deur sowat 140 miljoen mense as 'n tweede taal gepraat.
duimnael|links|Maleise padtekens in Djakarta, Indonesië duimnael|links|Maleise padtekens in Maleisië duimnael|links|'n Tolhek op Bali, Indonesië In Maleisië staan die standaardtaal as Bahasa Malaysia ("Maleisiese taal" of "taal van Maleisië") bekend. In Singapoer, Broenei, en die suide van Thailand word die term Bahasa Melayu ("Maleise taal") gebruik, en in Indonesië word dit algemeen Bahasa Indonesia ("Indonesiese taal" of "taal van Indonesië") genoem, maar Bahasa Nasional ("Nasionale taal") en Bahasa Persatuan/Pemersatu ("Verenigende taal") is ook gebruiklike terme. In die streke van Sumatra en Riau, waar die taal inheems is, verwys die Indonesiërs ook na die taal as Bahasa Melayu.
Indonesies/Maleis is verwant aan Balinees, Bandjarees, Chamorro, Javaans, Madoerees, Minangkabau, Palauaans en Soendanees. Dit is ietwat minder verwant aan Filippynse tale soos Cebuano en Tagalog (Filippyns) en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.
As gevolg van die lang historiese bande tussen Indonesië en Nederland (Nederlands-Indië) is baie Maleise woorde in Nederlands en later in Afrikaans opgeneem. Na die vestiging van die Nederlandse Kaapkolonie in die hedendaagse Suid-Afrika is Maleiers deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie as slawe na die Kaap gebring en het die Kaapse Maleiers geword. Hul oorspronklike moedertaal Maleis is eers deur Nederlands vervang en het later tot Afrikaans ontwikkel.
Maleise leenwoorde in Nederlands en Afrikaans:
Maleis Nederlands Afrikaans amuk amok amok keras kras kras sarung sarong sarong banyak veel baie bekkelahi bakkeleien baklei pisang banaan piesang pikir piekeren pieker kapuk kapok kapok acar atjar blatjang
Sien ook Maleisiese Wikipedia
Verwysings
Eksterne skakels
Malay Translation Malay Dictionary Malay Text-to-Speech
Kategorie:Broenei Kategorie:Kerseiland Kategorie:Kokoseilande Kategorie:Maleis-Polinesiese tale Kategorie:Tale van Oos-Timor Kategorie:Tale van Australië Kategorie:Tale van Indonesië Kategorie:Tale van Maleisië Kategorie:Tale van Singapoer Kategorie:Tale van Thailand