200px Laurynas Gucevičius
Litause argitek
Poolse naam
Wawrzyniec Gucewicz
Argitektoniese stroming Klassisisme
Beduidende werke 160px Katedraal van Vilnius160pxBiskoplike somerpaleis in Verkiai160pxRaadsaal van Vilnius160pxWoonhuis in Vokiečių gatvė, Vilnius
Gedenktafels en monumente 160px Universiteit van Vilnius
Laurynas Gucevičius (soms ook Laurynas Stuoka-Gucevičius, * 5 Augustus 1753 in Migonys naby Kupiškis, † 21 Desember 1798 in Vilnius) was 'n beduidende 18de eeuse argitek in die Pools-Litause Gemenebes. In Litaue word hy as die eerste belangrike inheemse argitek en beduidendste verteenwoordiger van die plaaslike Klassisistiese boukuns beskou.
Gedurende sy jeug het hy reise na Italië, Frankryk (Parys) en ander Wes-Europese lande onderneem. Hier het hy ook argitektuur by die befaamde Neo-klassisistiese Franse boumeesters Jacques-Germain Soufflot en Claude Nicolas Ledoux gestudeer. Gucevičius is later as professor by die Jesuïete-akademie in Vilnius aangestel, die historiese voorloper van die Universiteit van Vilnius.
Gucevičius se bekendste werke sluit die Katedraal van Vilnius, die raadsaal en die biskoplike somerpaleis in Verkiai in. Kenmerkend vir sy boustyl is die monumentaliteit van vorme en volume, die harmonie met die omgewing en sy merkwaardige gebruik van antieke argitektoniese vorme.
Kategorie:Litause argitekte Kategorie:Geboortes in 1753 Kategorie:Sterftes in 1798