Monique Steyn is 'n Afrikaanse sangeres en pianis. Tydens die eerste Suid-Afrikaanse Idols-seisoen het sy onder die top-50 deelnemers geëindig. Haar debuutalbum, Ek val vir jou, is in 2010 uitgereik. Haar debuutliedjie Sê My Hoe is ook op die CD Die Grootste Afrikaanse Sokkie Vol. 7 asook op die DVD 30 Goue Sokkie Treffers beskikbaar.
Monique was die mentor van Wilha Carstens en Demi Lee Moore in die realiteitsmusiekkompetisie Die Kontrak op VIA op DStv. Wilha het uitgeval, maar Demi-Lee het gewen en die kontrak van 'n miljoen rand wat op die uiteindelike wenner gewag het, losgeslaan.
Diskografie Ek val vir jou (2010) Pienk Champagne (2011) Mosaïek (2017)
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante
Eksterne skakels Monique se tuisblad by Coleske Artists Monique se Facebook-blad
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1979 Kategorie:Lewende mense