Vietnam Airlines IATA: VN ICAO: HVN Roepsein: VIETNAM Gestig:1996 Ondernemingsvorm: Beperkte maatskappy Hoofkwartier:Hanoi, Ho Chi Minh City Hooflughawe: Tan Son Nhat Lughawe Voorsitter: Pham Ngoc Minh Passasiers 9,05 miljoen per jaar Werknemers 9 000 Omset: Balansstaat: Bonusprogram: Voyager Alliansie: SkyTeam Bestemmings: 52 Vloot:88 (uitsluitend vragvliegtuie) Webtuiste: www.vietnamairlines.com duimnael|290x290px|Vietnam Airlines Airbus A350-900 Die Viëtnam Lugdiensmaatskappy Beperk (Viëtnamees:Tổng Công ty Hàng không Việt Nam, Engels: Vietnam Airlines Company Limited), is Viëtnam se grootste binnelandse sowel as buitelandse lugredery, wat handeldryf onder die naam Vietnam Airlines. Die maatskappy word bedryf vanaf die Long Bien distrik van Hanoi met sentrums by die Noi Bai Internasionale Lughawe, Da Nang Internasionale Lughawe en Tan Son Nhat Internasionale Lughawe.

Die maatskappy is in 1956 gestig as Vietnam Civil Aviation. In April 1989 is dit omskep in 'n staatsonderneming, en in 1996 is Viëtnam Lugdiens gestig onder sy huidige naam toe dit 'n paar ander diensmaatskappye bymekaargebring het. Die maatskappy word bedryf deur 'n bestuursraad van sewe lede, wat gekies word deur die Viëtnamese Eerste Minister.

Viëtnam Lugdiens besit 100% van Vietnam Air Service Company (VASCO) - 'n plaaslike lugdiens van suidelike Viëtnam en 49% van Cambodia Angkor Air.

In 2010 het Viëtnam Lugdiens 'n lid geword van SkyTeam, 'n lugdiens-alliansie.

Vloot Viëtnam Lugdiens se vloot bestaan uit die volgende vliegtuie (Desember 2013):

10 Airbus A320-200 54 Airbus A321-200 10 Airbus A330-300 10 Airbus A350-900 (bestelling geplaas) 10 Boeing 777-200ER 2 Boeing 737-300F (vragdiens) 8 Boeing 787-9 (bestelling geplaas)

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike Webtuiste Vietnam Lugvragdiens

Kategorie:Lugrederye Kategorie:Vervoer in Viëtnam