duimnael|regs|250px|Die Orlando-stadion van buite gesien.
Orlandostadion is 'n meerdoelige stadion in Soweto, 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit bied sitplek aan sowat 40 000 toeskouers. Die stadion word meestal vir sokkerwedstryde gebruik en is die tuisveld van Orlando Pirates. Die stadion is oorspronklik in 1959 teen 'n koste van £37 500 gebou, maar het toe slegs sitplek aan 24 000 toeskouers gebied.
Sokker-Wêreldbekertoernooi Orlandostadion het as oefenveld vir spanne by die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 gedien nadat dit oorgebou en op 22 November 2008 heropen is.
Naas die oefenwedstryde het die openingseremonie op 10 Junie 2010 hier plaasgevind met 'n konsertskouspel waartydens onder andere internasionale musieksterre opgetree het.
Super 14-rugby Op 21 Mei 2010 is die stadion vir 'n Super 14 halfeindrondte ingespan omrede die Bulls se tuisveld, Loftus Versfeld, reeds aan FIFA oorhandig is ter voorbereiding vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.
Die Super 14-eindstryd het ook op 30 Mei 2010 hier tussen die Bulls en Stormers plaasgevind, tot groot vermaak van Orlando se inwoners, wat die instromende rugbytoeskouers getrakteer het op enigiets van braaivleis tot yskoue bier.Dis Stormers teen Bulls in S14-eindstryd , Nuus24, besoek op 23 Mei 2010.
Sien ook Lys van stadions in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels Die stadion se geskiedenis
Kategorie:Geboue en strukture in Johannesburg Kategorie:Sokkerstadions in Suid-Afrika Kategorie:Soweto Kategorie:Sport in Johannesburg