Benedict Saul McCarthy (gebore op 12 November 1977 in Kaapstad), bynaam Benni McCarthy, is 'n professionele Suid-Afrikaanse sokkerafrigter en voormalige sokkerspeler. Hy het as aanvaller vir verskeie sokkerklubs en die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan gespeel. McCarthy het ook vir twee seisoene onder kontrak by AFC Ajax gespeel.
McCarthy is nie vir die finale span van 23 spelers wat op 1 Junie 2010 aangekondig is vir die 2010 Wêreldbeker-groep gekies nie omdat hy na bewering oorgewig en nie fiks was nie. Later is beweer dat hy vroue in sy hotelkamer in Sandton getrakteer het en dat die afrigter, Carlos Parreira, besluit het om hom uit die span te laat.McCarthy, Bekker uit oor skandes. , Nuus24 besoek op 6 Junie 2010.
Statistiek Seisoen klub land kompetisie wedstryde doele 1995/96 Seven Stars NSL Premiership 29 27 1996/97 Seven Stars NSL Premiership 20 12 1996/97 Cape Town Spurs NSL Premiership 7 3 1997/98 AFC Ajax Eredivisie 16 9 1998/99 AFC Ajax Eredivisie 19 11 1999/00 Celta de Vigo Primera División 31 8 2000/01 Celta de Vigo Primera División 19 0 2001/02 Celta de Vigo Primera División 2 0 2001/02 FC Porto SuperLiga 11 12 2002/03 Celta de Vigo Primera División 14 2 2003/04 FC Porto SuperLiga 29 20 2004/05 FC Porto SuperLiga 23 11 2005/06 FC Porto SuperLiga 23 3 2006/07 Blackburn Rovers Premiership 36 18 2007/08 Blackburn Rovers Premiership 31 8 2008/09 Blackburn Rovers Premiership 28 10 2009/10 Blackburn Rovers Premiership 14 1 2009/10 West Ham United Premiership 5 0 2010/11 West Ham United Premiership 6 0
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1977 Kategorie:Lewende mense