Die 20ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Portugees: Copa do Mundo da FIFA – Brasil 2014, [ˈkɔpɐ du ˈmũdu da ˈfifɐ bɾaˈziw ˈdojz ˈmiw i kaˈtoʁzi]; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 12 Junie tot 13 Julie 2014 in Brasilië aangebied. Dit was die tweede Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Brasilië aangebied is, ná die 1950-toernooi, en die vyfde in Suid-Amerika. Brasilië het daarmee die vyfde land geword wat die toernooi vir ’n tweede keer gehuisves het, net ná Meksiko in 1986, Italië in 1990, Frankryk in 1998 en Duitsland in 2006. Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 het as ’n voorbereiding vir die gasheerland gedien.

duimnael|links|upright|Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is 32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Duitsland het die trofee gewen nadat hulle Argentinië op 13 Julie in die Maracanã-stadion in Rio de Janeiro met 1–0 in ekstra tyd geklop en sodoende hul vierde wêreldbekertitel ingepalm het. Hiermee het hulle die eerste Europese span geword wat die toernooi in die Amerikas gewen het; dit was ook die derde agtereenvolgende toernooi wat deur ’n Europese span gewen is, ná Italië in 2006 en Spanje in 2010. Met sy verowering van die wêreldbekertitel het Duitsland regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 in Rusland gekwalifiseer. Nederland het in die derde en die gasheer Brasilië in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Spanje is reeds in die groepfase uitgeskakel; dieselfde lot wat voorheen Brasilië in 1966, Italië in 2010 en Frankryk in 2002 toegeval het.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie en dus nie daaraan deelgeneem nie. Die nasionale sokkerspan van Bosnië en Herzegowina het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Hulle het vroeër deel uitgemaak van die Joego-Slawiese nasionale sokkerspan.

Toewysing duimnael|links|upright|José Maria Marin, hoof van die Brasiliaanse reëlingskomitee duimnael|Sepp Blatter maak die organiserende land bekend duimnael|Openingseremonie van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 in São Paulo se Arena Corinthians Volgens FIFA se rotasiestelsel van 2003 vir die Sokker-Wêreldbekertoernooi is slegs aansoeke van Suid-Amerikaanse lande aanvaar. Brasilië is op 30 Oktober 2007 in Zürich deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014. Daar was geen ander lande wat hulself as kandidate beskikbaar gestel het nie.

Kwalifisering Die gasheer Brasilië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 gekwalifiseer. Van die 31 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, vyf vir CAF (Afrika), vier vir CONMEBOL (Suid-Amerika), vier vir AFC (Asië) en drie vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC en CONMEBOL, asook tussen CONCACAF en OFC (Oseanië) beslis.

Kwalifiserende spanne Die volgende 32 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie4de22010Groepfase (1982, 1986, 2010)16de112010Kampioen (1978, 1986)4de32010Agtste eindrondte (2006)12de12002Vierde plek (1986)1ste1–Debuut20de202010Kampioen (1958, 1962, 1970, 1994, 2002)9de22010Derde plek (1962)5de11998Agtste eindrondte (1990)4de12006Agtste eindrondte (1990)18de162010Kampioen (1954, 1974, 1990)3de12006Agtste eindrondte (2006)14de52010Kampioen (1966)14de52010Kampioen (1998)3de32010Kwarteindrondte (2010)3de22010Groepfase (1994, 2010)3de22010Groepfase (1982, 2010)4de12006Groepfase (1978, 1998, 2006)18de142010Kampioen (1934, 1938, 1982, 2006)3de32010Groepfase (2006, 2010)5de52010Agtste eindrondte (2002, 2010)7de22010Kwarteindrondte (1990)4de12006Derde plek (1998)15de62010Kwarteindrondte (1970, 1986)10de32010Naaswenner (1974, 1978, 2010)5de22010Agtste eindrondte (1994, 1998)6de42010Derde plek (1966)10de12002Vierde plek (1966)14de102010Kampioen (2010)9de82010Vierde plek (2002)10de32010Kwarteindrondte (1934, 1938, 1954)12de22010Kampioen (1930, 1950)10de72010Derde plek (1930)

Stadions Die stadions volgens FIFA se 2007-inspeksieverslag.

Rio de Janeiro, Rio de Janeiro Brasília, Distrito Federal São Paulo, São Paulo Fortaleza, Ceará Estádio do Maracanã Estádio Nacional Mané Garrincha Arena de São Paulo Estádio Castelão Kapasiteit: 74 738 Kapasiteit: 69 432 Kapasiteit: 63 321 Kapasiteit: 60 348 200px 200px 200px 200px Belo Horizonte, Minas Gerais Porto Alegre, Rio Grande do Sul Estádio Mineirão Estádio Beira-Rio Kapasiteit: 58 259 Kapasiteit: 43 394 200px 200px Salvador, Bahia Recife, Pernambuco Itaipava Arena Fonte Nova Itaipava Arena Pernambuco Kapasiteit: 51 708 Kapasiteit: 42 583 200px 200px Cuiabá, Mato Grosso Manaus, Amazonas Natal, Rio Grande do Norte Curitiba, Paraná Arena Pantanal Arena da Amazônia Arena das Dunas Arena da Baixada Kapasiteit: 41 112 Kapasiteit: 40 549 Kapasiteit: 39 971 Kapasiteit: 39 631 200px 200px 200px 200px

Formaat Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 is oor 32 dae tussen 32 verskillende nasies oor 64 wedstryde uitgespeel. Dit het op 12 Junie 2014 op die Arena Corinthians in São Paulo met ’n wedstryd tussen die gasheer Brasilië en Kroasië afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Estádio do Maracanã in Rio de Janeiro op 13 Julie met die eindstryd tussen Duitsland en Argentinië, waartydens Duitsland die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie in 2006 en 2010 ingespan.

Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieDo12Vr13Sa14So15Ma16Di17Wo18Do19Vr20Sa21So22Ma23Di24Wo25Do26Vr27Seremonies | bgcolor=#d6325b|

|Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep C

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep D

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep E

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep F

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep G

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep H

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 |UitklopfaseJunie/JulieSa28So29Ma30Di1Wo2Do3Vr4Sa5So6Ma7Di8Wo9Do10Vr11Sa12So13Seremonies

| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Legende

Groepfase Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 is deur 32 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 32 deelnemende spanne in agt groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 6 Desember 2013 in die Costa do Sauípe-oord in Salvador da Bahia gehou.

Groepfase 32 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A duimnael|Wedstryd tussen Brasilië en Kroasië Land321072+57321041+37310266±03300319–80

Groep B duimnael|Wedstryd tussen Nederland en Chili Land3300103+79320153+26310247–33300339–60

Groep C duimnael|Wedstryd tussen Colombia en Ivoorkus Land330092+79311124–24310245–13301226–41

Groep D duimnael|Wedstryd tussen Uruguay en Costa Rica Land321041+37320144±06310223–13301224–21

Groep E duimnael|Wedstryd tussen Switserland en Ecuador Land321082+67320176+16311133±04300318–70

Groep F duimnael|Wedstryd tussen Iran en Nigerië Land330063+39311133±04310244±03301214–31

Groep G duimnael|Die Duitse doelwagter Manuel Neuer tydens die wedstryd teen die Verenigde State Land321072+57311144±04311147–34301246–21

Groep H duimnael|Wedstryd tussen België en Algerië Land330041+39311165+14302123–12301236–31

Uitklopfase duimnael|Die agtste eindstryd tussen Brasilië en Chili duimnael|Die halfeindstryd tussen Brasilië en Duitsland duimnael|Die eindstryd tussen Duitsland en Argentinië

Agtste eindrondte

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Klein finale (om die derde plek)

Eindstryd

Sokkerwêreldkampioen 2014

FIFA se ranglys Ná die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 2014-toernooi is soos gevolg:

duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:

Gasheerland Brasilië duimnael|Die Duitse nasionale sokkerspan nadat hulle die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het