Die nasionale vlag van Jamaika is op 6 Augustus 1962 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n geel Sint Joriskruis met die driehoeke aan die vlagpaal- en wapperkante in swart en die boonste en onderste driehoeke in groen.
Simboliek Die vlag bestaan uit die kleure groen, goud en swart. Swart simboliseer die krag en kreatiwiteit van die Jamaikaanse volk, goud stel die sonlig en die natuurlike rykdomme van die land voor en die groen verteenwoordig die hoop vir ’n goeie toekoms asook die land se rykdomme. Die drie kleure simboliseer ook die meeste Jamaikaners se herkoms (Afrika) voor.
Ontwerp Die huidige ontwerp van die vlag het ontstaan uit voorstelle wat deur die publiek ingestuur is. Dit is oorspronklik ontwerp met drie horisontale bane maar die gevoel was dat dit te na aan die Tanganjikaanse vlag was. Daar is uiteindelik ’n Sint Andrieskruis ingevoeg en die huidige vlag het sy vorm aangeneem.
Ander vlae
Sien ook
Eksterne skakels
Jamaika by Flags of the World.
Kategorie:Jamaika Jamaika