Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan of Bafana Bafana is Suid-Afrika se nasionale sokkerspan vir mans. Die span word deur die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging bestuur. Hulle keer in 1992 tot die wêreldarena terug nadat hulle vir jare deur FIFA verban was. Die vroue-sokkerspan se bynaam is die Banyana-Banyana.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

duimnael|links|Bafana Bafana tydens 'n opwarmingswedstryd in 2008 Die span het die 19de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in Junie 2010 aanbied nadat hulle die Konfederasiebeker suksesvol in 2009 aangebied het. Hiermee is hulle is die eerste Afrika-land wat geleentheid gegun is om die Wêreldbekertoernooi aan te bied. Bafana Bafana is egter in die groepfase uitgeskakel.

Die span behaal in Augustus 1996 die 16de plek op die FIFA-wêreldranglys, die hoogste posisie wat hulle beklee het. In Desember 1992 bereik hulle hul laagste plek met die 124de posisie op die wêreldranglys.

Die span word tans deur Hugo Broos afgerig.

Deelname aan die FIFA-Wêreldbeker Suid-Afrika was tussen 1966–1974 uitgesluit van deelname. Tussen 1978 en 1990 was Suid-Afrika nie 'n FIFA-lid nie. In 1992 speel Suid-Afrika sy eerste Wêreldbeker kwalifikasie-wedstryd.

1994 · Nie gekwalifiseer nie 1998 · Eerste ronde 2002 · Eerste ronde 2006 · Nie gekwalifiseer nie 2010 · Eerste ronde (Organiseerder) 2014 · Nie gekwalifiseer nie 2018 · Nie gekwalifiseer nie 2022 · Nie gekwalifiseer nie 2026 · Nog nie bekend nie 2030 · Nog nie bekend nie

Deelname aan die Konfederasiebeker 1997 · Eerste ronde 2009 · Vierde 2013 · Nie gekwalifiseer nie2017 · Nie gekwalifiseer nie 2021 · Nie gekwalifiseer nie

Deelname aan die Afrikabeker 1957 · Gediskwalifiseer 1994 · Nie gekwalifiseer nie 1996 · Wenner 1998 · Tweede 2000 · Derde 2002 · Kwarteindrondte 2004 · Eerste ronde 2006 · Eerste ronde 2008 · Eerste ronde2010 · Nie gekwalifiseer nie 2012 · Nie gekwalifiseer nie 2013 · Kwarteindrondte 2015 · Groepfase 2017 · Nie gekwalifiseer nie 2019 · Kwarteindrondte 2021 · Nie gekwalifiseer nie 2023 · Halfeindrondtee 2025 · Nog nie bekend nie

Deelname aan die Afrika-kampioenskappe van Nasies 2009 · Nie gekwalifiseer nie

Deelname aan die COSAFA-beker Suid-Afrika is een van die lande wat aan die COSAFA-beker deelneem. 1997 · Nie deelgeneem nie 1998 · Kwarteindstryd 1999 · Kwarteindstryd 2000 · Derde 2001 · Kwarteindstryd 2002 · Wenner 2003 · Kwarteindstryd 2004 · Eerste ronde 2005 · Derde2006 · Eerste ronde 2007 · Wenner 2008 · Wenner * 2009 · Vierde * 2013 · Derde 2015 · Kwarteindstryd 2016 · Wenner 2017 · Kwarteindstryd 2018 · Kwarteindstryd * Deelname deur 'n B-elftal (bestaande uit tweede divisiespelers).

Top-spelers Meeste wedstryde SpelerLoopbaanWedstryde (Doele)Aaron Mokoena1999–2010107 (1)Siphiwe Tshabalala2006–nou88 (12)Siyabonga Nomvethe1999–201281 (16)Benni McCarthy1997–201280 (32)Shaun Bartlett1995–200574 (28)John Moshoeu1993–200473 (8)Delron Buckley1998–200872 (10)Bernard Parker2007-nou68 (23)Lucas Radebe1992–200370 (2)Andre Arendse1995–200467 (0)Sibusiso Zuma1998–200867 (13)Helman Mkhalele1994–200166 (7)Mark Fish1993–200462 (2)

Meeste doelskoppe SpelerLoopbaanDoele (Wedstryde) Benni McCarthy1997–201232 (80) Shaun Bartlett1995–200528 (74)Katlego Mphela2005-nou23 (68)Bernard Parker2007-nou23 (38) Phil Masinga1992–200118 (58) Siyabonga Nomvethe1999–201216 (81) Sibusiso Zuma1998–200813 (67) Siphiwe Tshabalala2006–nou12 (88) Teko Modise2007–201210 (66)Delron Buckley1998–200810 (72)

Bekende (oud-)spelers

Benni McCarthy John Moshoeu Bernard Parker Steven Pienaar Lucas Radebe Hans Vonk

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Sokkerspanne in Suid-Afrika Kategorie:Nasionale sokkerspanne Kategorie:Sokker in Suid-Afrika