Die Unie van Europese Voetbal-assosiasies (afgekort UEFA vir Union of European Football Associations in Engels; Frans: Union des Associations Européennes de Football; Duits: Vereinigung Europäischer Fußballverbände) is die beheerliggaam vir sokker tussen Europese sokkerspanne. UEFA is een van die ses kontinentale organisasies van FIFA.

UEFA is op 15 Junie 1954 in Basel, Switserland, gestig. Die organisasie se hoofkwartier is tot en met 1959 in Parys gehuisves, waarna dit na Bern skuif. Sedert 1995 is die UEFA in Nyon, Switserland, gesetel. Die amptelike tale is Duits, Engels en Frans en sedert 2016 is Aleksander Čeferin die president van die UEFA.

Van al die kontinentale organisasies is UEFA die sterkste in terme van geld en invloed. Byna alle top-sokkerspelers ter wêreld speel in een of ander Europese kompetisie vanweë die hoë salarisse wat die ryk sokkerlande soos Duitsland, Engeland, Italië en Spanje betaal.

Baie van die sterker sokkerlande is ook in Europa geleë. Van die 32 spanne wat aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 deelgeneem het, kom 13 uit Europa.

Lidlande duimnael|links|Kaart van die verskillende sokkerbonde, lidlande van UEFA in blou duimnael|links|Kaart van die lidlande:

Voorsitters duimnael|upright|Die huidige voorsitter, Aleksander Čeferin UEFA se voorsitters sedert 1954: Ondervoorsitters Naam Nasionaliteit Termyn Ebbe Schwartz 1954–1962 Gustav Wiederkehr 1962–1972 Artemio Franchi 1972–1983 Jacques Georges 1983–1990 Lennart Johansson 1990–2007 Michel Platini 2007–2015 Ángel María Villar* 2015–2016 Aleksander Čeferin 2016–hede * = neem voorlopig waar.

Die voorsitters van UEFA tree ook op as die ondervoorsitters van FIFA.

Erevoorsitter duimnael|upright|Die huidige erevoorsitter, Lennart Johansson Naam Nasionaliteit vanaf – tot Lennart Johansson 2007–hede

Hoofuitvoerendebeamptes UEFA se hoofuitvoerendebeamptes sedert 1954: Naam Nasionaliteit Termyn Henri Delaunay 1955–1956 Pierre Delaunay 1956–1960 Hans Bangerter 1960–1989 Gerhard Aigner 1989–2003 Lars-Christer Olsson 2003–2007 Gianni Infantino* 2007–2007 David Taylor 2007–2009 Gianni Infantino 2009–2016 Theodore Theodoridis 2016–hede * = neem voorlopig waar.

Toernooie UEFA organiseer van die belangrikste sokkerbekertoernooie ter wêreld. Die Champions League is die grootste sporttoernooi vir klubs ter wêreld. Na die FIFA Sokker-Wêreldbeker en die Olimpiese Somerspele is die Europabeker die grootste sporttoernooi vir nasionale spanne in die wêreld.

Klubtoernooie UEFA Champions League UEFA Europa League UEFA Bekerwenner-beker (tot 1999) UEFA Intertoto-beker (tot 2009)

Toernooie vir nasionale spanne UEFA Europa-beker Sokker-Wêreldbeker se Europese kwalifisering

Sien ook Europese Krieketraad Rugby Europa

Eksterne skakels

UEFA se tuisblad

Kategorie:Sokkerbeheerliggaam Kategorie:Sport in Switserland