Die term “rugby” verwys hier na rugbyunie of “Rugby Union” soos wat die gebruik in Suid-Afrika is. Vir Rugby League, sien gerus daar, en vir die dorp, sien Rugby, Warwickshire. duimnael|300px|’n Tipiese toneel tydens ’n rugbywedstryd duimnael|Piktogram wat rugby aandui
Rugby, soms ook rugbyunie (Rugby Union) of vyftienmanrugby genoem, is ’n volkontakbal- en spansport, wat in die eerste helfte van die 19de eeu in Engeland ontstaan het. Dit is genoem na sy ontstaanplek, die Rugbyskool in die dorp Rugby. Dit is saam met Rugbyliga een van twee hoofvariante in die rugbyfamilie. ’n Wedstryd word gespeel tussen twee spanne met 15 spelers elk, wat op ’n reghoekige veld probeer om in 80 minute meer punte as hul opponent aan te teken. Spelers speel met ’n eiervormige bal wat hulle in hulle hande of arms dra en hulle mag die bal slegs agtertoe of sylangs oor die veld na mekaar aangee of dit dan vorentoe skop om in die doelgebied punte aan te teken. Die opponerende span poog om die baldraer se vordering te stuit deur hom te duik of fisiek met die liggaam te keer. Wanneer die baldraer geduik is, moet hy die bal los en vind daar ’n stryd (losgemaal of ’n losskrum) plaas om balbesit.
In 1845 het studente by die Rugbyskool die eerste stel reëls opgestel. Ander belangrike ontwikkelinge in die rugbysport se geskiedenis was in 1895 die afkeur van Die Voetbalvereniging se reëls en in 1895 die afstigting van Rugby League. In die verlede was rugby ’n suiwer amateursport, maar in 1995 is al die beperkinge rakende die spelers se betalings opgehef, waardeur die professionele tydperk op die hoogste vlak ingelui is. Wêreldrugby (tot in 2014 die Internasionale Rugbyraad, IRR) is in 1886 as die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR) gestig en publiseer ook die reëls van die spel. Vanuit Engeland het rugby oor ’n groot deel van die wêreld versprei. Dit word veral op die Britse Eilande, in Frankryk, Oseanië, Suid-Afrika, Argentinië, Noord-Amerika en Japan gespeel. Terwyl die Britte dié sport veral in die lande van die Britse Ryk gevestig het, is die vastelandse Europa en groot dele van Afrika veral deur Frankryk beïnvloed. In lande soos Engeland, Georgië, Madagaskar, Namibië, Nieu-Seeland, Papoea-Nieu-Guinee, Suid-Afrika en Wallis word die een of ander rugbyvariant as ’n nasionale sport beskou. In die Cookeilande, Fidji, Nieu-Seeland, Samoa, Tonga en Wallis is rugby die hoofsport. In lande van die Britse Statebond met rugby as ’n tradisionele sport vir die wintermaande soos Australië, Engeland, Ierland, Namibië, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis, dien krieket as ’n tradisionele sport vir die somermaande.
Die eerste internasionale wedstryd is in 1871 op Raeburn Place in Edinburg tussen Skotland en Engeland beslis. Die rugbywêreldbekertoernooi, wat in 1987 vir die eerste keer aangebied is, word al om die vier jaar beslis en is van die gewildste sportkompetisies wêreldwyd. Die Sesnasies-toernooi (Noordelike Halfrond) en Die Rugbykampioenskap (Suidelike Halfrond) is ander bekende internasionale toernooie wat jaarliks beslis word. Van die vernaamste nasionale toernooie is die Premierskap in Engeland, die Top 14 in Frankryk, die Mitre 10-beker in Nieu-Seeland, die Japan Rugby League One en die Curriebeker in Suid-Afrika. Belangrike transnasionale klubtoernooie sluit in die Verenigde Rugbykampioenskap met spanne uit Ierland, Italië, Skotland, Suid-Afrika en Wallis, asook Superrugby (tans slegs in Oseanië).
Rugbywedstryde is al tydens internasionale sporttoernooie soos die Olimpiese Somerspele 1900 in Parys, die Olimpiese Somerspele 1908 in Londen, die Olimpiese Somerspele 1920 in Antwerpen en die Olimpiese Somerspele 1924 in Parys beslis. Sewesrugby is in 1998 by die program van die Statebondspele opgeneem en vorm sedertdien deel van dié toernooi. Sewesrugby behoort ook sedert die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro tot die Olimpiese sportsoorte en is ook tydens die Olimpiese Somerspele 2020 in Tokio en die Olimpiese Somerspele 2024 in Parys aangebied.
Spanne en posisies
Elke span begin die wedstryd met 15 spelers op die veld en sewe of agt plaasvervangers. ’n Span bevat agt voor- en sewe agterspelers. Vir elke posisie word daar verskillende fisiese en tegniese vaardighede benodig, waarvolgens na rugby soms as ’n spel vir alle “liggaamsvorms en -groottes” verwys word.
duimnael|Die voorspelers is in die skrum, terwyl die agterspelers oor die veld versprei is
Voorspelers Die hoofrol van die voorspelers is om balbesit te wen en vir die span te behou. Hulle het ’n belangrike rol tydens die duik van opponente en in die losskrum. Die spelers op die posisies is meestal groter en kragtiger as al die ander; hulle is by die skrum en die lynstaan betrokke. Hulle word dikwels pak genoem, veral in ’n skrum.
Die voorryspelers bestaan uit twee stutte en die haker. Die stutte se rol is om die spanmaats in die skrum en die lynstaan te ondersteun en die losskrum met hul krag vorentoe aan te beweeg. Die haker vervul ’n sleutelposisie in die aanvallende en verdedigende spel; hy herwin die bal in ’n skrum en gooi die bal tydens ’n lynstaan in. Die tweederyspelers bestaan uit twee slotte, die grootste spelers in die span. Hulle hoofrol is om tydens ’n lynstaan na die bal te spring – dikwels ondersteun deur die ander voorspelers – en dan die gegooide bal te vang of dit vir die eie span te wen. Hulle het ook ’n belangrike taak in die skrum, aangesien hulle by die voorryspelers inskakel en die skrum vorentoe aanstoot.
Die losvoorspelers bestaan uit twee flanke en die agsteman. Die vleuelposisies vorm in die skrum die derde ry en hulle is oor die algemeen die vinnigste voorspelers in die spel. Hul hoofrol is om balbesit te wen. Die agsteman staan tussen die twee flanke in die agterste ry van die skrum. Sy rol is dit om die bal vas te maak, nadat dit deur die voorry agtertoe gegooi is, en tydens die aanvallende fases dien hy as ’n skakel tussen die voor- en die agterspelers.
Agterspelers Die rol van die agterspelers is om moontlikhede vir die aantekening van punte te skep en uit te buit. Hulle is oor die algemeen kleiner, vinniger en ratser as die voorspelers. Van hulle word ook beter vaardighede wat betref skoppe en die hantering van die bal verwag.
Die skrumskakel en die losskakel vorm die skakelpaar. Die skrumskakel is as ’n skakel tussen die voor- en agterspelers dikwels in die middelpunt van die spel. Hy vorm meestal die eerste agterlyn en staan agter elke skrum om die bal vir sy span te wen. Die losskakel is deurslaggewend vir ’n span se wedstrydplan en hy vorm die span se beheersentrum. Hy moet beslissend kan optree en oor leierseienskappe beskik. Baie spelers op dié posisie doen vry- en strafskoppe.
Die driekwartlyn behels vier spelers. Die senters probeer om aanvallende spelers te stuit, terwyl hulle gedurende aanvallende spel hulle op hul spoed en krag staatmaak om die opponent se verdediging te klop. Die vleuels staan veral weerskante die agterlyn. Hulle is oor die algemeen die spelers wat skuiwe afsluit en drieë druk. Hulle is oor die algemeen die vinnigste spelers in die span en kan derhalwe duikslae ontwyk. Die heelagter staan meters agter die agterlyn. Hy ontvang enige diep opposisieskoppe en begin teenaanvalle. Hy moet oor goeie vangvermoë en akkurate skopvermoë beskik.
Reëls van die spel Speelveld duimnael|Diagram van ’n rugbyveld met merke en afstande (in meter) Die speelperk bestaan uit die speelveld, die aan weerskante aansluitende doelgebied en die omringende area. Die speelveld en die doelgebied vorm saam die speelgebied. ’n Tipiese speelgebied is 100 m lank en 70 m breed. Afhangende van die spesifieke terrein se vereistes kan die lengte ook net 94 m en die breedte 68 m wees. Hierdie buigsaamheid maak dit moontlik om byvoorbeeld sokker- of Rugby League-stadions in te span.
Die speelgebied word deur ’n soliede middellyn in twee gedeel, wat loodreg na die kantlyne loop. ’n 50 cm-lyn sny die middellyn loodreg en merk die gebied, waarvandaan afgeskop word. Die gebied tussen die doelgebied en die middellyn word helftes genoem. Buitendien is daar twee soliede lyne loodreg na die kantlyne, wat 22 m van albei doelgebiede weg is en 22-meter-lyne genoem word. Aan weerskante van die speelveld is ’n gebied, wat deur die kantlyne, die doellyn en die 22-meter-lyn omring word, maar dit nie insluit nie.
In albei helftes is bykomende stippellyne met ’n lengte van vyf meter, wat elkeen ’n spesifieke gebied makeer: 10-meter-lyne: Stippellyne tien meter weerskante die middellyn en parallel met dié gee die minimumafstand wat ’n span teenoor die ander, wat die afskop uitvoer, moet inneem. 5-meter-lyne: Stippellyne wat vyf meter die speelveld inkom en parallel met die middellyn loop. ’n Skrum mag nie nader as by dié lyn na die doelgebied beweeg nie. 15-meter-lyne: Stippellyne 15 meter weerskante die middellyn en parallel met dié makeer saam met die 5-meter-lyne die gebied, waar die spelers die lynstaan moet vorm. Buitendien word die gebied tussen die twee loodregte 5-meter-lyne (d.w.s. vyf meter van albei kantlyne en vyf meter van albei doellyne) skrumsone genoem. As ’n strafbare handeling buite die gebied plaasvind en die ander span wil skrum, verskuif die skeidsregter die skrum na die gebied.
Anders as in sokker, waar advertensies op die speelveld streng verbode is, word borgkentekens op die grasoppervlak toegelaat. Klubs, professionele ligas en toernooie gebruik dié moontlikheid as ’n bykomende bron van inkomste, veral tydens televisie-uitsendings. Om die oppervlak te spaar, verfkoste te besnoei en om verfvlekke op die spelers se truie en vel te voorkom word die toegevoegde werklikheid-tegnologie al hoe meer pleks van die verf van die oppervlak ingespan.
Doelgebied en omringende area duimnael|Doelpale met opgestopte kussings Die doelgebiede is agter die doellyne en stem ooreen met die doelgebied in Amerikaanse voetbal. Hulle moet tussen 6 en 22 m diep wees en oor die speelveld se hele breedte strek. ’n Bal wat deur ’n aanvallende speler in die gebied onder beheer gedruk word, word as ’n drie drie erken, tensy voor die proses ’n reël oortree is of die speler die kantlyn geraak het, terwyl hy in balbesit was.
Die omringende area, wat die speelveld en die doelgebied omring, is die uit. Wanneer die bal of ’n speler die kantlyn raak, word aan die opponent op die punt van die kantlyn, waar hy uit is, ’n lynstaan toegeken. ’n Uitsondering is, as die bal nie van die speeloppervlak gehop het nie, voordat dit uit is. In dié geval vind ook ’n lynstaan plaas, maar parallel met die skopplek. Die omringende area moet ten minste vyf meter van die speelgebied af vry wees van struikelblokke en swaar, soliede voorwerpe wat ’n gevaar vir spelers kan inhou.
In die omringende area is daar 14 vlagpale, elkeen met ’n minimumhoogte van 1,2 m. Vlagpale is by elke snypunt van sekere lyne of makeer ander bepaalde afstande. Die doelpale (soms met ’n vlaggie bo-op) staan op ’n geveerde of andersins sagte basis en is met ’n skuimkussing gepolster.
Doelpale Die doelpale is H-vormig en in die middel van die doellyne weerskante die speelveld. Dit bestaan uit twee vertikale pale, dié is gemaak van staal of ’n ander metaal, soms ook hout of plastiek, 5,6 m uitmekaar en word deur ’n dwarsbalk drie meter bo die grond verbind. Die pale het ’n minimumhoogte van 3,4 m (hoewel baie hoër pale algemeen is). Die pale se onderkant is meestal van pasgemaakte stoffering voorsien om spelers teen beserings te beskerm wanneer hulle in aanraking kom met die pale.
Aanteken van punte duimnael|’n Drie word gedruk Punte kan aangeteken word deur ’n drie, ’n daaropvolgende doelskop, ’n strafskop of ’n skepdoel. Die daarby aangetekende aantal punte is oor die dekades heen herhaaldelik aangepas, mees onlangs in 1992. In dié proses het die belangrikheid van drieë teenoor die ander moontlikhede vir die aanteken van punte steeds toegeneem.