Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië (1 005 km grens), Botswana (1 969 km grens) en Zimbabwe (230 km grens), en in die noordooste aan Mosambiek (496 km grens) en Eswatini (438 km grens). Lesotho (1 106 km grens) vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika.
duimnael|links|Saamgestelde Nasa-satellietbeeld van Suid-Afrika, geneem in November 2002 Suid-Afrika is een van die mees etnies diverse lande in Afrika. Die land het meer Europese immigrante ontvang as enige ander land in Afrika en het die hoogste bevolking van Europese, Indiese en gemengde afkoms. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land. 'n Ander belangrike faktor in die ontwikkeling van die land is die ryk mineraalbronne waaroor die land beskik. Die land se ekonomie is die grootste en mees ontwikkelde op die kontinent met moderne infrastruktuur oor die hele land. Suid-Afrika is 'n lidland van die Afrika-unie, Gemeenskaplike Monetêre Gebied, Suider-Afrikaanse Doeane-unie, Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, Britse Statebond en die Verenigde Nasies. Daarbenewens is Suid-Afrika die enigste Afrikaland van die Groep van 20 en het in 2010 by BRIC aangesluit, wat vervolgens BRICS geword het.
Rassekonflik tussen die wit minderheid en die swart meerderheid het die Suid-Afrikaanse geskiedenis en politiek lank oorheers. Die tema het 'n hoogtepunt bereik met die apartheidsbewind tussen 1948 en die negentien-negentigs. Nadat die Nasionale Party na die verkiesing van 1948 aan bewind gekom het, is verskeie stelsels ingestel gegrond op eie rasse-ontwikkeling. Wette wat suiwer op eie rasse-ontwikkeling gegrond is, is vanaf 1990 afgeskaf na 'n lang en soms gewelddadige stryd teen apartheid waarin swart mense die leiding geneem het. Wit, Bruin en Indiër-Suid-Afrikaners het egter ook deelgeneem en buitelandse druk was 'n belangrike faktor in die uiteindelike aftakeling van apartheid.
Die dramatiese verandering in die politieke stelsel is egter op die ou einde op wonderbaarlike wyse relatief vreedsaam bewerkstellig. Suid-Afrika is een van die min lande in Afrika (en die res van die ontwikkelende lande) wat nie 'n staatsgreep ondergaan het nie. Die veelpartysamesprekings, waarvolgens die nuwe Suid-Afrika in plek gestel is, het gelei tot die ontwikkeling van die Grondwet van Suid-Afrika met stewige beskerming van menseregte.
Vandag word daar gereeld na Suid-Afrika as die Reënboognasie verwys – 'n term wat aanvanklik deur Aartsbiskop Desmond Tutu bedink is en later op uitgebrei is deur die toenmalige president Nelson Mandela – as 'n metafoor vir die land se nuutgevonde multikulturele diversiteit na die beëindiging van die skeiding wat deur die apartheidsideologie meegebring is. Suid-Afrika is die eerste, en sover enigste, land wat kernwapens ontwikkel het en daarna vrywillig sy hele kernwapenprogram ontbind het.
Naam Suid-Afrika het twaalf amptelike tale, met slegs Zimbabwe, Bolivië en Meksiko wat meer het. As gevolg hiervan is daar elf amptelike name vir dié land. Sewe nieamptelike tale word ook erken: Fanagalo, Lobedu, Noord-Ndebele, Phuthi, Khoe, Nama en San.
Die naam "Suid-Afrika" is afgelei van dié land se geografiese ligging aan die suidelike punt van Afrika. By sy vorming is dié land in Engels Union of South Africa genoem, wat sy oorsprong uit die eenwording van vier voorheen afsonderlike Britse kolonies weerspieël. Sedert die Republiekwording in 1961 is die respektiewelik die Afrikaanse en Engelse langname Republiek van Suid-Afrika en Republic of South Africa gebruik, met RSA as amptelike afkorting. Sedert 1994 het die RSA in elkeen van sy elf amptelike tale 'n amptelike naam.
Mzansi, afgelei van die Xhosa-naamwoord umzantsi, letterlik "suide", is 'n algemene naam vir Suid-Afrika, terwyl sommige Pan-Afrikanistiese politieke partye die naam "Azanië" gebruik.
Geskiedenis
Prehistoriese geskiedenis duimnael|links|Rotstekeninge van die San in die Drakensberge duimnael|Vooraansig van die Maropeng-sentrum by die Wieg van die Mensdom duimnael|Die Mapungubweberg, waar die hoofstad van die voormalige Koninkryk van Mapungubwe geleë was Suid-Afrika het een van die oudste argeologiese terreine in Afrika. Uitgebreide fossieloorblyfsels by die Sterkfontein-, Kromdraai- en Makapansgatgrotte dui aan dat verskeie lede van Australopithecus in Suid-Afrika gewoon het vanaf ongeveer drie miljoen jaar gelede. Hulle is gevolg deur verskeie Homo-spesies insluitend Homo habilis, Homo erectus en die moderne mens, Homo sapiens.
Bantoe ystergebruikende landbouers en veewagters het teen die 4de- of 5de eeu suid oor die Limpoporivier in hedendaagse Suid-Afrika in beweeg (die Bantoe-uitbreiding). Hulle het stadig verder suid getrek, waar die vroegste ystergieterye in die hedendaagse KwaZulu-Natalprovinsie uit ongeveer 1050 gedateer word. Die mees suidelike groep was die Xhosas wat tot by die Groot-Visrivier getrek het, wat vandag in die Oos-Kaapprovinsie lê. Die ystertydperkgroepe het vroeëre jagter-versamelaargroepe verplaas soos hulle suid getrek het.
Vroeë Europese kontak
duimnael|Replika van Dias se karveel in Mosselbaai Dias het op 12 Maart 1488 'n 2 meter hoë padrão naby die monding van die Rio do Infante te Kwaaihoek op die kruin van strandduin geplant. Dit was die verste punt van hierdie Portugese ontdekkingsreis wat namens die Portugese hof onderneem is. Met die terugtog is 'n tweede klipkruis op 6 Junie by Cabo de Boa Esperanza geplant. Met sy reis vanaf 1497 het da Gama op 7 November by St. Helenabaai en op 25 November by São Brás (d.i. Mosselbaai) aangedoen. Op 25 Desember vaar hy langs die Pondolandse of Natalse kus en noem dit Terra do Natal. Op 24 Mei 1500 het Dias se skip vergaan voor hy weer om die Kaap kon vaar. Met Pedro de Ataíde (in Cabral se vloot) se terugkeer het hy Dias se dood bekend gemaak deur 'n brief by die Poskantoorboom agter te laat, waar dit meer as 'n jaar later deur João da Nova gevind is.
In 1503 het Saldanha in Tafelbaai geland en selfs Tafelberg uitgeklim. Op 28 Februarie 1510 het Almeida en 65 van sy manskappe egter in Tafelbaai voor die aanslag van 'n Khoikhoistam gesneuwel, en in 1525 word Robbeneiland as Portugese gevangenis gebruik. In 1552 het Portugese skeepsmanne aan die ooskus (huidige KwaZulu-Natal) gestrand, en hul dagboeke getuig van 'n groot Bantoesprekende bevolking. Op 25 Maart 1593 het die Santo Alberto op die Wildekus gestrand en 125 Portugese en 160 slawe het 'n oorlewingstog aangepak. Op hul binnelandse roete het hulle einde-April die sneeubedekte Drakensberge opgemerk, en in Julie 1595 het die oorlewendes Delagoabaai bereik. In 1594 het die Nederlander Houtman na die Ooste vertrek, nadat die seeroete aan hom bekend geword het. Ook die Britte was gou op die toneel, en in 1615 reeds word hulle gevangenes op Robbeneiland aangehou. In 1616 het Hartog by die Kaap aangedoen net voor sy ontdekking van Australië en Willaerts se skildery van 1636 toon die oorlogskip Amsterdam en ander Nederlandse skepe in Tafelbaai geanker.
Op 22 Maart 1647 het die Haarlem in Tafelbaai gestrand, en etlike Nederlandse matrose moes in tente binne 'n fort op 'n strandduin agterbly. Die fort het hulle Sandenburgh genoem, en 'n positiewe verslag is oor hul verblyf en hulle suksesvolle aanplantings gelewer. Die VOC is hierin aangemoedig om die Kaap as halfweghawe te oorweeg, en Jan van Riebeeck, wat die Kaap reeds in die Haerlem besoek het, sou ook hierdie verslag onder oë kry en repliek daarop lewer. In 1648 het van Riebeeck weereens in Tafelbaai aan land gegaan toe hy aan boord van 'n Nederlandse vloot uit Batavië arriveer. Hy het die skiereiland tot in Houtbaai verken, en twee jaar later het die VOC amptelik besluit om 'n halfwegstasie aan die Kaap de Goede Hoop te vestig.
Nederlanders en Xhosas in die Kaap
duimnael|Skildery wat Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap uitbeeld Die geskrewe geskiedenis van Suid-Afrika begin op 6 April 1652 toe 'n verversingstasie by die Kaap die Goeie Hoop deur Jan van Riebeeck namens die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie gevestig is. Wat hulle hier gevind het was geen universiteite, geen biblioteke, geen tegnologie en geen kultuur. Hulle het 'n mensdom hier ontmoet genaamd die Koi San, wat op die brink van die oermens gevestig was. Dié antieke mensdom het op daardie stadium nog nie eers die wiel ontdek nie. In die Kaap was geen sien van enige ander beskawings behalwe die Koi San. Vir die grootste deel van die 17de en 18de eeue was die vestiging, wat stadig aan die uitbrei was, 'n Nederlandse besitting. Die Nederlandse setlaars het uiteindelik naby die Visrivier met die Xhosas, wat besig was om in 'n suidwestelike rigting uit te brei, in aanraking gekom. Ook hulle was 'n baie primitiewe en selde beskaafde nomadiese trekvolk wat in hulle beslag geen form van ontwikkeling of tegnologie gehad het, behalwe die vorm van ystertydperk tipe assegaaie nie. Ook hulle het nog nie die wiel uitgevind nie en was afhanklik van die spies en die assegaai op oorlewing.
'n Reeks oorloë, wat as die Kaapse grensoorloë bekend staan, het hierop gevolg. Die oorloë is meestal deur botsende belange veroorsaak en veediefstal. Om arbeidstekorte in die Kaap te verlig, is slawe uit Indonesië, Madagaskar, en Indië deur die Nederlandse owerheid ingevoer. Die meeste afstammelinge van dié slawe, wat gereeld met Nederlandse setlaars getrou het, is later saam met die oorblyfsels van die oorspronklike Khoikhoi as "Kaapse Kleurlinge" en "Kaapse Maleiers" geklassifiseer. Hierdie twee groepe verteenwoordig sowat vyftig persent van die bevolking van die provinsie Wes-Kaap. Die Europese immigrante uit Nederland is onder meer aangevul deur Duitsers en Franse Hugenote.
Britse kolonie
duimnael|links|Kaart van die Kaapkolonie in 1809 duimnael|Die Slag van Blaauwberg op 8 Januarie 1806 duimnael|Die eerste goudmyne in Johannesburg Groot-Brittanje neem die Kaap die Goeie Hoop in 1797 vir die eerste keer tydens die Vierde Engelse-Nederlandse oorlog in besit. Nederland is in 1795 deur die Franse weermag onder die leierskap van Napoleon Bonaparte oorwin. Brittanje wou verhoed dat die Kaap in Franse hande val en die Britse weermag, onder Generaal Sir James Henry Craig vaar na Kaapstad om die kolonie te beskerm namens die Stadhouer Prins Willem V van Oranje.
Die goewerneur van Kaapstad weier aanvanklik om enige instruksies van die prins te gehoorsaam, maar na die Britte gedreig het om kragdadig op te tree, stem hy in. In Februarie 1803 lei die Vrede van Amiens daartoe dat die kolonie weer onder Nederlandse beheer kom in die vorm van die Bataafse Republiek. Ná oorlog weer uitbreek, word 'n Britse mag weereens na die Kaap gestuur en na 'n slag in Januarie 1806 op die strande van Tafelbaai gee die Nederlandse vesting van die Kasteel oor aan die Britte onder Sir David Baird, en die Britte annekseer die Kaapkolonie in 1806.
Die Britte sit die oorlog teen die Xhosas voort en stoot die oostelike grens ooswaarts tot by 'n lyn van forte, wat langs die Visrivier opgerig is, en konsolideer die gebied deur Britse Setlaars aan te moedig om hulle in dié gebied te vestig. As gevolg van druk deur afskaffingsverenigings in Brittanje, beëindig die Britse parlement sy wêreldwye slawehandel in 1806 en skaf slawerny in al sy kolonies af in 1833.
Die voortslepende grensoorloë, ongelukkigheid met die wyse waarop slawerny afgeskaf is en ander verskille met die Britse owerheid lei daartoe dat 'n gedeelte van die Nederlandssprekende bevolking as deel van die Groot Trek verder in die binneland in trek buite Britse beheer. Die groep, wat eers as Voortrekkers en later as Boere bekend sou staan, kom in teenstand met swart stamme soos die Zoeloes. Hulle vestig 'n reeks Boererepublieke, waarvan die Zuid-Afrikaansche Republiek en Oranje-Vrystaat die belangrikste is.
Eerste en Tweede Vryheidsoorloë
duimnael|Boere by Spioenkop in 1900