Sotho stuur aan na hierdie artikel. Alhoewel Sotho gewoonlik na Suid-Sotho verwys, kan dit dalk ook verwys na die Sotho-tale oor die algemeen.

duimnael|links|Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van Suid-Sothotaliges in 2011: duimnael|links|Geografiese verspreiding van Suid-Sotho in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer in 2011:

Die taal Suid-Sotho (Sesotho [sɪ̀sʊ́tʰʊ̀] in Suid-Sotho) word deur sowat 5,6 miljoen mense, hoofsaaklik Suid-Sotho's, gepraat (2011-sensus), van wie 4 240 000 in Suid-Afrika waar dit een van die twaalf amptelike landstale is. Dit is (saam met Engels) ook die amptelike taal van Lesotho met ongeveer 1 770 000 sprekers. Daar is 'n paar ortografiese verskille tussen die Suid-Sotho van Suid-Afrika en dié van Lesotho. Suid-Sotho is deel van die Sotho-taalfamilie. Dit is ook 'n amptelike taal van Zimbabwe.

Woorde Algemene woorde en frases: Afrikaans Suid-Sotho Welkom Kamohelo (naamwoord) / Amohela (werkwoord) Dankie Ke a leboha Goeiedag / Hallo Dumela (enkelvoud) / Dumelang (meervoud) Totsiens Sala hantle (bly wel) / Tsamaya hantle (gaan wel) Rook verbode Ha ho tsubiwe Geen ingang Ha ho kenwe Pasop vir die trap Hlokomela setepisi Pasop! Hlokomela! Veels geluk met jou verjaarsdag Letsatsi le monate la tswalo Seisoengroete Ditakaletso tse Molemo Geseënde Kersfees Keresemese e monate Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar Keresemese e monate le mahlohonolo a selemo se setjha

Sien ook Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke Suid-Sotho Wikipedia Tale in Suid-Afrika

Bronne Wêreldspektrum, 1982, , volume 26, bl. 39

Verwysings

Eksterne skakels

Taalhulpmiddels Sesotho.web.za : Engelse inleiding tot Sesotho vir nuwe aanleerders; sluit aanlyn en aflaaibare woordeboeke in Vry en gratis Sotho speltoetser vir OpenOffice, Mozilla Firefox en Mozilla Thunderbird

Sagteware in Sotho Mozilla Firefox - webblaaier Mozilla Thunderbird - e-posprogram OpenOffice.org - kantoorsuite Translate.org.za - 'n Projek om vrye en oopbronsagteware in Sotho en ander Suid-Afrikaanse tale te vertaal Pootle - aanlyn vertaling van Sotho oopbronsagteware

Kategorie:Bantoetale Kategorie:Tale van Lesotho Kategorie:Tale van Suid-Afrika Kategorie:Tale van Zimbabwe