Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Tswanas.
Die taal Tswana (Setswana in Tswana) is een van die twaalf amptelike landstale van Suid-Afrika en 'n amptelike taal van Zimbabwe. Dit word deur ongeveer 4,1 miljoen mense as moedertaal gepraat (2011-sensus), hoofsaaklik Tswanas. Tswana vorm deel van die Sotho-taalfamilie (saam met Noord-Sotho en Suid-Sotho).
duimnael|links|Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van Tswanataliges in 2011: duimnael|links|Geografiese verspreiding van Tswana in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer in 2011: duimnael|links|Verspreiding van Tswana in Namibië volgens die 2011-sensus: duimnael|'n Man uit Namibië gee 'n voorbeeld van Tswana Botswana het sowat 1 070 000 Tswana-sprekers. In 'n mindere mate word die taal ook in Zimbabwe (29 400) en Namibië (12 300) gepraat. In Namibië word Tswana as 'n nasionale taal erken.
Woorde Algemene woorde en frases: Afrikaans Tswana Welkom Kamogelo (naamwoord) / Amogela (werkwoord) Dankie Ke a leboga Goeiedag / Hallo Dumela (enkelvoud) / Dumelang (meervoud) Totsiens Sala sentle (bly wel) / Tsamaya sentle (gaan wel) Rook verbode Ga go tsubiwe Geen ingang Ga go tsenwe Pasop vir die trap Tlhokomela fa o gatang teng Pasop! Ela tlhoko Veels geluk met jou verjaarsdag Masego a Letsatsi la Matsalo Seisoengroete Ditumediso tsa setlha Geseënde Kersfees Masego a Keresemose Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar Masego a Keresemose le Boitumelo mo Ngwageng o Mošwa
Sien ook Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke Tale in Suid-Afrika Tswana Wikipedia
Verwysings
Eksterne skakels
Vakgroep Afrikatale, Noordwes-Universiteit
Taalhulpmiddels Speltoetser en woordafbreker vir Tswana vir Microsoft Office Vry en gratis Tswana-speltoetser vir OpenOffice, Mozilla Firefox en Mozilla Thunderbird Tswana-sleutelbord
Sagteware in Tswana Mozilla Firefox – webblaaier Mozilla Thunderbird – e-posprogram OpenOffice.org – kantoorsuite Translate.org.za – 'n Projek om vrye en oopbronsagteware in Tswana en ander Suid-Afrikaanse tale te vertaal Pootle – aanlynvertaling van Tswana-oopbronsagteware