Anna Davel is 'n Afrikaanse liedjieskrywer, sangeres en aktrise. Sy is in 1997 deur die ATKV as wenner van die Crescendo-sangkompetisie aangewys. Van haar treffers sluit in: Die Gypsy in jou oë en Te lank al. Sy was ook al te sien in verskeie Afrikaanse rolprente en verhoogproduksies.

Anna het in 1990 'n jaar militêre opleiding by die Suid-Afrikaanse Leërvrouekollege (SALVKOL) op George ondergaan.

Diskografie 2000: Te Diep 2003: Gypsy 2005: Godinne Op Die Grondpad 2007: Raaisels, Skepe en 1000 Drome 2009: My Storie DVD 2009: Linger Longer Onbekend: Musiek En Woorde / My Storie DVD

Filmografie 2010: Liefling (rolprent) 2010: Susanna van Biljon 2014: Suurlemoen (rolprent)

Verwysings

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Eksterne skakels Anna Davel se amptelike webwerf

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici