Manuel Escórcio is 'n tenoor wat bekend is vir sy operaoptredes en Afrikaanse liedjies. Hy is ook Portugees en Engels magtig en sing ook in die tale. Hy begin sy musiekloopbaan op 16-jarige ouderdom by die Helderberg Kollege in Somerset-Wes in Suid-Afrika.

Escórcio het al dwarsoor Suid-Afrika opgetree, asook in die VSA, Kanada, Brasilië, Portugal, Venezuela, die Filippyne en Australië.

In 1981 word die Orde van Prins Henry aan hom toegeken.

Op 26 Januarie 2020 is Manuel ook ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum. Hy was een van slegs 20 legendes van wie daar ook 'n borsbeeld gemaak is.

Biografie Manuel Maria Lamarque Escórcio is in 1950 in Lourenço Marques in Mosambiek gebore, maar immigreer in 1966 na Suid-Afrika. Hy verwerf 'n graad in Teologie, Meesters in Musiek en die kameraadskap van die Royal Schools of London en Trinity College.Bio op musicians.co.za , besoek op 6 Maart 2010.

Op 26 Januarie 2020 is Manuel ook ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum. Hy was een van slegs 20 legendes van wie daar ook 'n borsbeeld gemaak is.

Diskografie Manuel & Janita – Ons Beste Treffers, 2009 SELECT Elke Dag Met Jou, 2009 In Harmonie, met Rina Hugo, 2008 FANTASIA Jesus Het Kinders Lief, 2008 FANTASIA Jesus Loves Kids, 2008 FANTASIA Manuel sing Gé en Gert, 2007 FANTASIA Manuel Escórcio sing Gert Potgieter Christmas With Manuel, 2007 KOSMOS Jesus Is Calling Now CD/DVD, 2007 MARANATHA ...in Worship, MARANATHA The Power of His Love DVD; verfilm in Australië, New-Seeland en Fiji Grootste treffers (2 CD's), SELECT Kaalvoet Strandloper, FANTASIA Nootvennote, met Charl van Heyningen, VAT 5 MUSIEK Ons Eie Drie Tenore 2, SELECT Ons Eie Drie Tenore, SELECT The Irresistible Jesus, SELECT Grootste Treffers Ooit, SELECT 38 Gospel Hits, SELECT A Touch Of Grace, SAGOSPEL Rivers of Joy, SAGOSPEL 30 Loved Hymns, SAGOSPEL Jesus het Kinders lief, SAGOSPEL Jesus Loves Kids, SAGOSPEL Christmas with Manuel, SAGOSPEL Grace Bound, SAGOSPEL Timeless, GRACEBOUND MUSIC 25 Geestelike Treffers, MARANATHA I Will Rise Again, MARANATHA I'll Walk With God, SELECT Simply Classics, SELECT Grootste Treffers Vol 2, SELECT Grootste Treffers Vol 1 Iets Vir Almal, SELECT Gewildste Duette, met Janita Claassen, 1991 SELECT Weer Saam LP, 1990 SELECT Grootste Treffers Vol 1, SELECT Liefde...Immergroen, met Janita Claassen, 1987 SELECT Musica LP, CSRBCD 101/CBK(L)7011 1983 CENTRAL STATION/TRANSISTOR My Lied Vir Jou LP, 1982 GALLO Ballade Vir Adeline, 1982

Verwysings

Sien ook Afrikaanse musiek Suid-Afrikaanse Musikante

Eksterne skakels Manuel Escórcio se amptelike webtuiste

Rian van Heerden voer 'n onderhoud met Manuel Escórcio

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Lewende mense