Yoti die Griekse Boertjie (gebore Panayoti LoizosSuid-Afrikaanse kunstenaars wat hul name verander het. Besoek op 6 Maart 2010. in 1950, oorlede 1 Julie 2021) was 'n Suid-Afrikaanse sanger wat vertonings in Afrikaans, Engels en Grieks aangebied het. Yoti is in Suid-Afrika gebore, maar sy ouers was van Siprus afkomstig.
Sy lied, Die wit Angelier, wat hy self gekomponeer het, het vir drie weke die nommer een posisie op die Afrikaanse Treffers behou. Hy is ook deur die ATKV vereer vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.Griekse Boertjie gaan bosveld laat vlam. Besoek op 6 Maart 2010.
Yoti het op 1 Julie 2021 weens Covid-19 gesterf. Hy was toe 71 jaar oud.
Diskografie Speel Bouzouki, 2001 EMI Griekse Boertjie Maak 'n Plan, SMMPCD836
Verwysings
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1950 Kategorie:Sterftes in 2021 Kategorie:Sterftes aan Kovis-19