Ray Dylan (Jacobus Frederik Jersich, gebore 15 Augustus 1978 in Odendaalsrus, Vrystaat) is 'n bekende en gewilde Afrikaanse sanger. Van sy treffers sluit in Hokaai Stoppie Lorrie, Jessica, Breek die Ys en Asemloos. Hy tree gereeld by nasionale kunstefeeste op, waar hy die verhoog met bekende sterre soos Leanie Mey, Jay Blue, Nádine, Kurt Darren en Jo Black deel.

In 2010 ontvang hy 'n SAMA-toekenning in die kategorie beste country-album (Afrikaans) vir Goeie Ou Country.Afrikaanse kunstenaars tops by Samas , Nuus24, besoek op 18 Maart 2010.

Diskografie Verskietende sterre, 2012 Ek Wens Jy's Myne, 2010 SELECT As die wiel ophou draai, 2009 EMI Goeie Ou Country, SELECT 2009 Breek Die Ys, 2008 SELECT Hier Binne (Klop 'n Boerehart) (DVD), 2007 SELECT Hier Binne (Klop 'n Boerehart), 2007 SELECT Hokaai Stoppie Lorrie, 2006 SELECT New Kid In Town, 2002 EMI

Verwysings

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Eksterne skakels Ray Dylan se amptelike webwerf

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1978 Kategorie:Lewende mense